Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Nuwelingboer op plaas vermoor
STEYNSRUS. – ’n Nuwelingboer wat onlangs afgetree en sy plaas aan ’n buurman verkoop het, is vermoedelik met sy eie vuurwapen vermoor in sy huis op die plaas waar hy steeds gebly het. Mnr. Willem van Wyk (72) se lyk is gekry deur mnr. Koos Nigrini, wat die plaas De Hoop onlangs by hom gekoop het. Nigrini is baie ontsteld oor die wyse waarop die polisie die ondersoek ná die moord hanteer het. Hy sê hy kon dadelik sien dat Van Wyk vermoor is en die eerste polisiebeampte op die toneel het met hom saamgestem. Lede van die polisie se eenheid teen ernstige en geweldsmisdrywe is ontbied, maar hulle is glo deur ’n kaptein wat daar aangekom het, weggestuur omdat hy gemeen het Van Wyk is nie vermoor nie. Geen vingerafdrukke is op die moordtoneel geneem nie. Dinsdag is met ’n lykskouing vasgestel dat Van Wyk wel aan skietwonde dood is. Nigrini het gereeld by Van Wyk op die plaas gekom en het hom, nadat hy die plaas gekoop het, toestemming gegee om op die plaas aan te bly. Die vermoede bestaan dat Van Wyk se moordenaars onder die indruk was dat hy die geld wat hy vir die plaas gekry het, by hom gehad het. Van Wyk het na verneem word die geld wat oor was, belê nadat hy sy lening by Landbank afgelos het. Insp. Stehen Thakeng, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê daar was aanvanklik onsekerheid oor die oorsaak van Van Wyk se dood omdat geen wonde waargeneem kon word nie. Die stasiekommissaris het toe besluit dat ’n geregtelike doodsondersoek voldoende sal wees totdat die lykskouing gehou is. Met die lykskouing is vasgestel dat Van Wyk wel geskiet is met ’n vuurwapen van klein kaliber – waarskynlik sy eie wat nou weg is. Die ondersoek sal nou deur die eenheid teen ernstige en geweldsmisdrywe gedoen word.
|
||||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|