Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 5-25°CVoorspellings |
|
Miltsiekte breek in NK uit
KIMBERLEY. – Die hulp van kenners van die Krugerwildtuin is ingekry nadat miltsiekte by Campbell in die Noord-Kaap uitgebreek en honderde stuks wild reeds gevrek het. Mnr. Thabo Mothibi, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van landbou, sê die eenheid vir veeartsenydienste van die Noord-Kaapse departement van landbou en grondhervorming het begin met ’n omvattende poging om dié uitbreking vas te vat. Dit het hoofsaaklik onder wild in die omgewing van Campbell uitgebreek. Die nasionale departement van landbou en sy provinsiale eweknie doen ’n beroep op boere om dadelik hul wild in te ent en om nie diere te slag wat vermoedelik aan miltsiekte dood is nie. Mothibi sê daar kan nog nie bepaal word op hoeveel plase miltsiekte uitgebreek het nie, maar net op een plaas is 400 stuks wild dood. Die kenners van die Krugerwildtuin het gister in die Noord-Kaap aangekom om die uitbreking te ondersoek om vas te stel hoekom dit onder so baie spesies uitgebreek het en hoe om op die beste manier van die karkasse ontslae te raak. Miltsiekte breek normaalweg onder koedoes uit, maar dit het nou onder alle wildsbokke en groter wildsoorte uitgebreek. Die eenheid vir veeartsenydienste hou as voorkomende maatreël vir alle belanghebbendes inligtingsvergaderings. ’n Vergadering vir wildboere word vandag op Ulco gehou. Vleis van ’n dier wat moontlik aan miltsiekte dood is, moenie geëet word nie. Beskermende klere is nodig as karkasse gehanteer word van diere wat vermoedelik aan dié siekte dood is. Die staatsveearts sal metodes voorskryf hoe van sulke karkasse ontslae geraak kan word nadat monsters ingesamel is. As vermoed word dat ’n dier miltsiekte het, bel die kantoor van die staatsveearts by 053-832-4241 of 083-452-9850.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|