Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Nuwe kompetisie begin vandag
Vandag tref Volksblad se nuwe kompetisie die Vrystaat en Noord-Kaap met mening.
Meisie se patent laat boere regop sit
Dit is toe nie net 'n boer wat 'n plan kan maak nie, maar ook 'n fyn, blonde skoolmeisie van Tzaneen.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-22°C

Voorspellings
Sudoku

‘Slegte slaappatroon kan lei tot boepie’
May 09 2008 01:20:59:917AM  - (SA)  
Sapa-AP



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

ATLANTA. – Mense wat minder as ses uur of meer as nege uur per nag slaap, is meer geneig om aan vetsug te ly.

’n Amerikaanse studie toon daar is ’n verband tussen slegte slaappatrone en ’n boepie.

Ligte slapers is luidens die studie ook meer geneig om te rook, onaktief te wees en te drink.

Volgens dr. Ron Kramer van die American Academy of Sleep Medi-cine is daar nou heelwat data wat wys slegte slapers is nie so gesond nie.

Die sentrum vir die beheer en voorkoming van siektes het tussen 2004 en 2006 ’n opname onder 87 000 Amerikaners gedoen.

Mense wat minder as ses uur per nag geslaap het, was die grootste rokers. Altesaam 31% van dié slegte slapers het gerook.

Altesaam 29% van mense wat langer as nege uur per nag slaap, het ook gerook.

Altesaam 33% van die slegte slapers was vetsugtig, 26% van die lang slapers en net 22% van diegene wat normale ure geslaap het.

Die kort slapers was ook die grootste drinkers.

Die lang slapers was die onaktiefste groep. Byna die helfte het nie geoefen nie. - Intussen het nog navorsers dalk die rede gevind hoekom dit so moeilik is om van jou boepie ontslae te raak. Dit is dalk omdat die ekstra vetjies om die middel ’n hormoon vrystel wat die aptyt stimuleer.

Reuters Health berig oor ’n studie in die FASEB Journal dat ekstra maagvet nóg maagvet kan genereer. Navorsers het in studies met vet en maer rotte gesien die vetselle in die maag produseer ’n neuropeptied Y (NPY).

Voorheen is gemeen die aptytwekker word slegs in die brein vervaardig. Die vet rotte het heelwat meer van dié hormoon geproduseer as die maerder deelnemers.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer