Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Nuwe kompetisie begin vandag
Vandag tref Volksblad se nuwe kompetisie die Vrystaat en Noord-Kaap met mening.
Meisie se patent laat boere regop sit
Dit is toe nie net 'n boer wat 'n plan kan maak nie, maar ook 'n fyn, blonde skoolmeisie van Tzaneen.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-22°C

Voorspellings
Sudoku

Beleggers getuig oor Noite Dia-trust
May 09 2008 01:18:19:570AM  - (SA)  
Sandra Mulder



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Hy het gedink sy skip is besig om in te kom toe hy hoor sy belegging van R140 000 beloop al $403 000.

Mnr. Ivan Maddison, ’n rekenaartegnikus van IBM in Welkom, was een van die beleggers in die Noite Dia-trust wat gister in die bedrogverhoor van sowat R60 miljoen getuienis gelewer het.

Mnre. Wilhelm Heckroodt, Johan Vosloo, Johann Greeff, John Pieters en Garth James is die vyf beskuldigdes wat van 931 aanklagte aangekla is.

Hulle was na bewering betrokke by ’n bedrieglike beleggingskema waarin beleggers hoë rente belowe is. Al die beskuldigdes, behalwe Heckroodt, het op al die klagte skuld ontken. Heckroodt word op 14 en 15 Mei deur regter A.P. Beckley gevonnis.

Vosloo, Greeff, Pieters en James se verhoor word voor regter A. Kruger in die Bloemfonteinse hooggeregshof voortgesit. Adv. Johan de Nysschen het die getuies gister vir die staat gelei.

Maddison het getuig dat hy die meeste van die tyd net met Greeff geskakel het wat sy beleggingsake hanteer het.

In sy eerste gesprek met Greeff oor ’n moontlike belegging in die Noite Dia-trust, is Maddison glo gevra of hy spaargeld het wat hy nie dringend nodig het nie.

Toe is daar gepraat oor die bankwese en dat geld op beter maniere as in banke belê kan word. ’n Voorbeeld wat glo aan Maddison voorgehou is, was dat banke met elke R1,00 wat daar is, R20,00 maak.

Maddison het in 1999 sy eerste belegging van R140 000 in die Noite Dia-trust gemaak. ’n Ruk later is hy in kennis gestel dat hy ’n betaling van R55 000 kry. Dit het toe vir hom gelyk of die trust suksesvol is.

Mnr. Dawid du Randt van Bloemfontein het ook gister as een van die beleggers in die trust getuig. Volgens hom het hy $50 000 (sowat R350 000) belê. Hy het nie ’n sent teruggekry nie.

Du Randt het getuig dat die geld wat hy verloor het sy hele toekoms bederf het.

Du Randt weet van James, Heck-roodt en Greeff. Hy het in die hof aan adv. Vasoula Patrinos, regverteenwoordiger van Vosloo, bevestig dat hy glad nie vir Vosloo ken of met hom sake gedoen het nie.

Mev. Marianna Ferguson van Langebaan het getuig dat sy net onder ’n miljoen rand verloor het. Daar is wel aan haar R99 000 uitbetaal. Sy sê sy het Greeff en Heckroodt so vertrou.

Sy het in 1999 begin belê toe haar seun dood is. Sy polis van sowat R200 000 is in Noite Dia belê. Haar man is in 2001 dood en sy geld is ook belê.

Dit was ’n traumatiese tydperk en sy wou die geld bymekaar hou in die trust totdat sy die dood van haar geliefdes kon verwerk. In 2004 het sy van ander beleggers uitgevind dat hul geld weg is.

Die verhoor duur voort.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer