Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 5-24°CVoorspellings |
|
Veediefstal ‘vir die pot’ kom meer gereeld voor
BOERE in die Bethlehem-omgewing ervaar die afgelope twee maande en met die naderende winter gereeld veediefstal. Die vermoede bestaan dat ’n groot deel van die veediefstalle vir die pot gaan. Dieselfde tyd verlede jaar is baie karkasse gekry ná die gereelde veediefstalle. Net op een plaas, Kleinmispah, is daar vanjaar 50 bokke ter waarde van R50 000 gesteel. Op Trekpad-plaas is 31 skape van R35 000 gesteel. Elf skape van R11 000 is op Sydney gesteel. Volgens sers. Mmako Mophirin, skakeloffisier op Bethlehem, vra die polisie nou dat gesteelde vee aangemeld moet word. So kan die polisie in hul ondersoeke en die boere gehelp word. Nog geen verdagtes van vanjaar se diefstalle is vasgetrek nie. “Ons vra die gemeenskap om vermoedelik gesteelde vee in hul omgewing aan te meld. “Dié tyd van die jaar en ook in die somer verloor die boere baie lewende hawe. “Verlede jaar het die polisie baie mense in hegtenis geneem nadat van die gesteelde skape by hul huise en nabygeleë plase gevind is,” het dir. Jan Tsotetsi, stasiekommissaris van Bethlehem, gesê. Volgens hom is baie karkasse ook by ander plekke gekry en die verantwoordelikes is verlede jaar in hegtenis geneem. Boere word gevra om voorsorg te tref:
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|