Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 5-24°CVoorspellings |
|
Nóg een van verdagtes in Steers-saak dalk vry
KIMBERLEY. – Nóg een van die beskuldigdes in die Steers-moordsaak gaan moontlik vrygespreek word van die aanklagte teen hom. Dít volg op nog ’n dag van hoogdrama in die hooggeregshof hier. Gister was die vierde dag van die verhoor van mnre. Gobolang Mokgasi (20) en Kutlwane Mngoma (20), albei van Galeshewe, wat teregstaan op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede ná die moord op mnr. Stelios Mpompolas (59) op 31 Januarie verlede jaar in sy Steers-restaurant. Waarnemende regterpresident L.O. Basielo het gister die vraag gevra of daar nog enige rede is om Mokgasi as verdagte aan te hou en verder te verhoor. Dit kom nadat dit bekend gemaak is dat ’n paar skoene wat in Mokgasi se huis gevind is, geen bewyse kon oplewer dat hy by die moord en roof betrokke was nie. Dié paar skoene was die enigste bewysstuk wat Mokgasi moontlik met die voorval kon verbind. Regter Basielo het gesê Mngoma het homself op die toneel geplaas en kundige bewysstukke is gelewer dat hy wel daar was. Daar is niks wat Mokgasi op die toneel plaas nie. Adv. Johan Cloete, wat namens Mokgasi optree, het gesê daar is geen verdere getuies wat wys sy kliënt was betrokke nie. “Mokgasi moet vrygespreek word van die aanklagte teen hom,” het Cloete gesê. Regter Basielo het die hof toe vir ’n wyle verdaag om oor die verwikkelinge na te dink. “Ek het aandagtig daaroor gedink en bevind dit sal in die beste belang van geregtigheid wees indien ons die verhoor van Mngoma en Mokgasi Maandag voortsit en dan aandag daaraan gee,” het regter Basielo ná die verdaging gesê. Adv. Pule Tshweu, adjunk-direkteur van openbare vervolging, die aanklaer, het gesê die staat sal Maandag sy betoë hervat. In Mngoma se pleitverduideliking wat Maandag in die hof deur adv. Japie Schreurder voorgehou is, het hy (Mngoma) beweer Mokgasi was die aand daar toe die voorval plaasgevind het. Mngoma het ook in sy pleitverduideliking beweer die derde beskuldigde, mnr. Bonginkosi Ntombela (25), wat Maandag onverwags vrygelaat is, was betrokke by die moord en roof.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|