Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Nuwe kompetisie begin vandag
Vandag tref Volksblad se nuwe kompetisie die Vrystaat en Noord-Kaap met mening.
Meisie se patent laat boere regop sit
Dit is toe nie net 'n boer wat 'n plan kan maak nie, maar ook 'n fyn, blonde skoolmeisie van Tzaneen.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-24°C

Voorspellings
Sudoku

SA onderwysstelsel is mislukking, sê LUR
May 09 2008 12:51:10:560AM  - (SA)  
Frans Coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel is ’n mislukking. Die baba is met die badwater uitgegooi, want die klem word nie meer op lees en reken geplaas nie.

Só het ’n voormalige LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, me. Tina Joemat-Pettersson, gister hier op die provinsie se eerste onderwysberaad gesê.

Honderde afgevaardigdes van skole in die provinsie het die beraad bygewoon wat meer as ’n uur laat begin het. Die doel van die beraad is om die veldtog van “onderwys-vir-die-mense” te verskerp.

Joemat-Pettersson, deesdae LUR vir landbou en grondsake, het gesê voorbeelde is in die verlede van ontwikkelde lande geneem om die onderwysstelsel aan te pas. Voorbeelde moet eerder van ontwikkelende lande geneem word, want Suid-Afrika is in wese ’n ontwikkelende land.

Die klem moet verder van owerheidsbetrokkenheid na gemeenskapsbetrokkenheid by skole verskuif word.

Landelike en plaasskole moet ekonomiese eenhede word wat die omgewing vir hul voortbestaan benut, het Joemat-Pettersson gesê.

Sy het gesê Zimbabwe het die beste onderwysstelsel op die vasteland. Die Zimbabwiese onderwysstelsel het die beste leerlinge en onderwysers in staatskole opgelewer. Leerlinge en onderwysers van staat-skole in Zimbabwe is hoog in taalgeletterdheid en studies van geleerdheid geskool.

“As ons Zimbabwe so beskou, is ons hiervolgens seker veronderstel om sy leier (Robert Mugabe) te ondersteun. Ons veroordeel egter die menseregteskendings ten sterkste wat in die land voortduur.”

Mnr. Archie Lucas, LUR vir onderwys, het gesê dalk is dit ’n chroniese siekte dat berade, indabas en vergaderings in die openbare sektor alewig laat begin.

Me. Themsi Madikane, LUR vir veiligheidskakeling, het gesê mense het hul verantwoordelikhede in die onderwys op die owerheid afgeskuif. “Dit is egter die hele gemeenskap se verantwoordelikheid om ’n kind groot te maak. Die ma is immers die kind se eerste opvoeder.”

Mense moet veranderinge omhels en nie ophou om te droom nie.

In die verlede het die onderwyser, of onderwyseres hoë agting in ’n bepaalde gemeenskap geniet. Leerkragte moet daarna streef om dieselfde respek weer terug te wen.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer