Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.” Só vertel mnr. Nic van den Bergh (51) van Daskop in die Ficksburg-distrik van sy nagmerrie-ondervinding toe die aanvallers wat die bekende boer mnr. Jacques Moll sr. vermoor en sy vrou, Genene, gewond het, op hom losgebrand het. Van den Bergh is die Moll-familie se buurman. Hy is ’n voormalige hoof van staf van 44 Valskermbrigade in Bloemfontein en was die Executive Outcomes-maatskappy se projekleier vir sy Angola-projek en later uitvoerende hoofamptenaar. Hy sê die aanvallers was ’n span wat op ’n missie was. “Hulle was absoluut koelbloedig en gewetenloos. As hulle my net wou skrik maak, sou hulle net ’n paar skote op my bakkie geskiet het, maar hulle het op mý losgebrand.” Van den Bergh sê hy was Vrydagaand op Ficksburg en het gewag vir mense om hulle by hom aan te sluit vir aandete. Net voor 20:00 het hy ’n noodoproep van mnr. Jacques Moll sr. se selfoon gekry. Hy het dadelik na Moll se selfoon gebel en toe na sy seun Xavier se foon, maar kon geen antwoord kry nie. “Ek het dadelik vir klein Jacques (Moll jr.) gebel, maar sý foon was beset.” Dié het hom teruggebel en gesê hy is met die geboorte van sy jongste kind op Bethlehem, maar hy dink daar is moeilikheid by sy pa op die plaas. “Hy het gevra as ek kan, moet ek gaan kyk wat aangaan.” Van den Bergh het dadelik in sy bakkie gespring en op die Hammonia-pad uitgery. ’n Voertuig het sowat 5 km uit die dorp teen ’n redelike spoed van voor aangejaag gekom. Hy het omgedraai en die voertuig agternagesit. Die voertuig, ’n bakkie, het ’n ent verby die dorp se stortingsterrein se ingang langs die pad gestop. Drie figure het in die rigting van die stortingsterrein beweeg en Van den Bergh het instinktief gedink om hulle te agtervolg. “Ek het gedog hulle het die bakkie gelos en hulle hardloop nou weg.” Hy het sy bakkie net links van die aanvallers se bakkie in ’n sloot gestop. “Toe ek regs kyk, sien ek hoe die ouens skiet op my.” ’n Vuurwapen wat afgevuur word, het geflits en oombliklik daarna het sy bakkie se venster gebreek. “Ek het instinktief links voor in die bakkie platgeval. Hulle het net aanhou skiet.” Toe die skietery ophou, was al wat hy gehoor het, sy bakkie se toeter. Die aanvallers het die stuurkolom van die bakkie raakgeskiet. “Ek het net so bly lê en gemaak of ek dood is.” Een van die aanvallers het die bakkie se deur oopgemaak, aan sy enkels gevoel en hom deurgesoek. Hulle het niks van hom gevat nie en hy vermoed hulle was op soek na nog vuurwapens. Die aanvallers het die bakkie probeer aanskakel, maar kon dit nie regkry nie. “Gelukkig kon hulle nie die sleutel uithaal nie.” Toe hulle weg is, het hy die bakkie aangeskakel en probeer wegry, maar die bakkie het in die sloot vasgesit. Hy het geweet hy is in sy boud, regterkuit en regterarm raakgeskiet, maar het geen pyn gevoel nie. Van den Bergh het uitgeklim en die bakkie in 4x4 gesit, waarna hy na die hospitaal op Ficksburg gery het. Terwyl hy hospitaal toe gery het, het hy mev. Bonnie Smith, wat saam met hom sou eet, gebel en gesê sy moet die dokter laat weet hy is geskiet. Sy het haar gewese man, prof. Francis Smith, gebel. Hy was in Bloemfontein en het hom na Aerocare se lugambulans gehaas en na Ficksburg gevlieg om Van den Bergh daar te gaan haal. Die vliegtuig met Van den Bergh het kort voor middernag in Bloemfontein aangekom. Van den Berg is na die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebring. Hy het Saterdag ’n operasie ondergaan en is steeds in die intensiewesorgeenheid. Hy is in ’n stabiele toestand.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|