Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Naam van Jesus het my lewe gered, sê seun ná aanval
May 12 2008 02:20:51:023AM  - (SA)  
Loraine Kalp



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

“As iemand nie in die krag van die naam van Jesus glo nie, ken hulle nie mý God nie.”

Dít is die woorde van mnr. Xavier Moll (33) nadat sy pa, Jacques (64), koelbloedig vermoor en sy ma, Genene (58), en ’n buurman, mnr. Nic van den Bergh (51), in ’n plaasaanval op die Moll-familie se familieplaas, Stölberg in die Ficksburg-distrik, gewond is.

Xavier sê hy het ten tyde van die aanval die heeltyd gebid dat hy nie nou al kan doodgaan nie, omdat hy klein kindertjies het.

“Ek het die Here gevra om die vuurwapen te laat weier as hulle my wil skiet.”

Die aanvallers was gespanne en een het met ’n vuurwapen op hom afgestorm en hom beveel om stil te bly.

Die man het die vuurwapen op hom gerig en toe hy die vuurwapen se sneller trek, het dit geweier.

Hulle het hom glo op sy voete geruk en in die stort gaan toemaak.

Hy sê in daardie stadium het hy vir die ergste gevrees.

“Ek het hardop gebid. Aanhoudend gebid.”

Moll sê twee mans het die badkamer binnegekom en die een het vir die ander gesê om hom dood te skiet.

Die een wat hom glo moes skiet, het gesê: “Hoe kan ek die man skiet as hy die naam van Jesus so hard sê?”

Die man het vir die ander gesê om Xavier en die kinders te los.

Moll glo die naam van Jesus het hom gered.

“Dít was my redding,” sê hy terwyl hy oor die skaafwonde om sy pols vryf soos die aanvallers hom vasgebind het.

Xavier en sy ouer broer, Jacques (35), stem saam dat die moord van hul pa nie sinloos is nie.

“Ons pa se dood was in vrede,” sê Jacques.

“Hy was ’n wedergebore Christen en het in die Here se aangesig geleef. Hy was ’n mentor vir sy familie. Hulle was vir hom alles.

“Hy het ook sy passie vir sy boerdery uitgeleef.

“Daar was geen verwyte tussen ons nie. Ek en my broer kon nie vir ’n beter pa gevra het nie. As die Here enigiemand kon vat, was dit vir hom.

“Mans in Suid-Afrika moet opstaan en die pa’s in hul huise word. Pa’s en seuns moet die aangesig van die Here soek en mekaar se harte ken.

“Die dood van my pa was nie sinloos as pa’s en seuns mekaar se hande vat nie.

“Ons staan in Suid-Afrika op die punt van herlewing – dit moenie ophou nie,” sê hy.

Die gesin is aktief in hul gemeente betrokke en leef hul Christenskap ten volle uit.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer