Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Moll-moord: Drama ontvou
FICKSBURG. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die moordenaars wat ’n geliefde boer van die distrik, mnr. Jacques Moll (64), vermoor, en sy vrou en ’n buurman gewond het, verbind word met ’n inbraak waar vuurwapens op ’n plaas gesteel is. ’n Jaggeweer is gevind naby die stortingsterrein waar die aanvallers op mnr. Nic van den Bergh (51), ’n buurman, losgebrand het nadat hy op ’n noodoproep van die vermoorde mnr. Moll van die plaas Stölberg in die Ficksburg-omgewing gereageer het. Dié jaggeweer is glo verlede Dinsdag saam met 13 ander vuurwapens in ’n inbraak op die plaas Van Rensburghoek gesteel. ’n Vreugdevolle dag het vir die Moll-familie binne ’n oogwink in ’n nagmerrie ontaard. Jacques jr. (35) het Vrydagmiddag probeer om sy ma, Genene (58), te bel om met haar die vreugdevolle nuus van die geboorte van sy en sy vrou, Linda, se dogtertjie Jessica te deel. Hul drie ander kinders, Chantel (10), Jacques (7) en Monique (3), het vir die dag by haar gebly. “Iemand het aangehou om die foon dood te druk.” Hy het onraad vermoed en dadelik begin rondbel. Mev. Moll en die kleinkinders het Vrydagmiddag van Dunoon, die ander familieplaas oorkant die pad waar die seuns woon, na Stölberg gery waar die kinders sou oornag. Vyf aanvallers het hulle ingewag en by hul aankoms in die oprit oorval. Hulle is uit die motor geruk en in die huis ingedwing. Die aanvallers het geld en vuurwapens geëis. Mev. Moll is vasgemaak en in die been geskiet. Nog ’n skoot het haar skrams onder die mond getref. Die kinders is vasgebind en in ’n kas gedruk. Mnr. Moll sr. was Vrydag in Bloemfontein vir sake en met sy terugkeer het hy op Dunoon by sy ander seun, Xavier (33), gestop. Hulle twee is in verskillende voertuie na Stölberg om te gaan kyk wat aangaan. Jacques sr. was glo skaars by die derde trappie na die voordeur toe een van die aanvallers hom trompop in sy bors skiet. Die aanvallers het ’n geweer teen Xavier se kop gedruk en hom vasgebind. Xavier sê hy het in ’n stadium vasgebind op die grond gelê en hardop gebid. ’n Aanvaller het hom probeer skiet, maar die vuurwapen het geweier. Hulle het glo daarna met Xavier se wit Toyota Hilux gevlug. Hulle het ’n vuurwapen en R100 in die aanval geroof. ’n Haelgeweer is langs Moll se lyk gekry. ’n Ander buurman, mnr. Jan van Wyk, wat op die noodoproep reageer het, het enkele minute nadat die aanvallers ontvlug het, op die toneel aangekom. Sers. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Moll se wit Toyota-bakkie is Saterdagoggend in ’n sandkuil in die rivier op die grens met Lesotho in Zone 6 agter die Meqheleng-woonbuurt by Ficksburg gekry. Van Jacques sr. se laaste woorde aan Jacques jr. was dat hy hom liefhet en dat hy God se seën oor Jessica moet uitspreek. .
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|