Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Soek, vind en word dalk R1 000 ryker
May 12 2008 02:15:42:927AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Volksblad-lesers kan gerus hul leesbrille afstof en hul “soek-oë” oefen, want van dié week af gaan ’n splinternuwe kompetisie die strate en Volksblad-koerante van die Vrystaat en Noord-Kaap met mening tref.

Dié uiters opwindende kompetisie in Volksblad gaan Woensdag Volksblad-lesers se aandag aangryp.

Dit gaan ’n gesoek van ’n ander aard wees, aangesien die kompetisie heelwat gaan verskil van die Pryslyn-kompetisies waaraan lesers gewoond is.

Elke dag gaan R1 000 weggegee word aan ’n leser wat ’n wagwoord kan opspoor wat op ’n plakkaat en in die koerant versteek gaan word.

’n Versteekte wagwoord gaan elke dag vir ’n maand lank op ’n ander plek in Volksblad se verspreidingsgebied versteek word. Elke dag gaan dié plakkaat op ’n ander plek in die verspreidingsgebied wees.

’n Wagwoord, wat êrens in dieselfde dag se koerant versteek is, moet dan ook opgespoor word.

’n SMS-boodskap met die wagwoord op die plakkaat gevolg deur die wagwoord in die koerant sal deelnemers aan dié kompetisie ’n kans gee om R1 000 ryker te word. Die volledige besonderhede oor die kompetisie sal Woensdag in die Volksblad verskyn.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer