Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Afrikaanse onderwysers aan ’t uitsterf
May 12 2008 11:57:38:653PM  - (SA)  
Alet Rademeyer



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PRETORIA. – Die Afrikaanse onderwyser is ’n spesie wat kan uitsterf as daar nie dringend na sy opleiding gekyk word nie.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) kyk na verskillende inisiatiewe oor wat hy kan doen om die groeiende tekort aan Afrikaanse onderwysers te help bekamp.

Volgens mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers jaarliks die beroep om verskillende redes. Dit sluit ook aftrede in.

Dit terwyl daar jaarliks net sowat 200 Afrikaanse onderwysers is wat afstudeer.

Volgens Klopper is die SAOU bekommerd daaroor. Hy meen sowat 800 nuwe Afrikaanse onderwysers is jaarliks nodig vir die vier verskillende skoolfases.

Van die moontlikhede wat die SAOU ondersoek, is ’n stelsel waar skole jaarliks een of meer talentvolle matrikulante identifiseer wat in onderwys as beroep belang stel.

Die ouers van die skool besluit dan om vir dié kandidate se universiteitsopleiding te betaal, terwyl hy of sy ook teen ’n klein vergoeding daagliks by die skool uithelp.

In die eerste en tweede jaar kan die studente byvoorbeeld uithelp met toesig en ander buitemuurse aktiwiteite.

Dié studente volg ’n afstandsonderrigprogram en terselfdertyd kry hulle indiensopleiding by ’n skool.

Die SAOU meen daar sal na ’n instelling of twee gekyk moet word met wie in dié verband saamgewerk kan word.

Klopper het gesê inisiatiewe soos dié is ook dringend nodig omdat voornemende Afrikaanse onderwysers net by uitsondering vir beurse van die onderwysdepartemente kwalifiseer.

Die SAOU het die afgelope vyf jaar self sowat R9 miljoen beskikbaar gestel vir beurse vir voornemende onderwysers.

Klopper meen die groeiende tekort aan onderwysers in die land sal net suksesvol aangepak kan word as daar meer en beter koördinering rondom onderwyseropleiding kan wees.

Onderwysvakbonde is dit eens dat daar ’n groeiende tekort aan onder-wysers is, hoewel mnr. Duncan Hindle, direkteur-generaal van onderwys, dit onlangs ontken het.

Hy het gesê die name van sowat 1 600 gekwalifiseerde onderwysers wat werkloos is, is op ’n databasis van die departement.

Hy sê enige skool kan die departement nader en hulle sal help om ’n geskikte onderwyser vir ’n vakante pos te kry.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer