Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Twee voor oor grusame “tokkelos-moord”
May 13 2008 11:11:29:867PM  - (SA)  
Clarissa Venter



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PATENSIE. – ’n Plaaslike egpaar wat verdink word van die gru-moord op ’n tweejarige seun, het in die vol landdroshof hier op aanklag van moord verskyn.

Mnr. Jan Tamboer (55) en sy vrou, Pollie (54), is verlede maand in hegtenis geneem nadat hulle glo vir klein Cedric Stuurman doodgeslaan en met petrol verbrand het.

Cedric se pa, David, het sy kind onder die sorg van die Tamboers gelaat nadat mev. Tamboer glo gesê het sy wil die kind kos gee. Die Tamboer-egpaar het geen kinders nie.

Gerugte doen glo die ronde dat Cedric vermoor is omdat hy glo die “tokkelossie” was.

Die egpaar wou om borgtog aansoek doen. Landdros Pieter Koopman het die verhoor egter vir verdere ondersoek tot 3 Junie uitgestel.

Volgens mnr. Connie Muller, eienaar van die plaas Kwagga waar mnr. Tamboer as voorman gewerk het, is dié voorval “ ’n groot skok”.

“Tiel, of altans Jan, het saam met my grootgeword. Hy is ’n kerkganger. Hy is my vriend,” het Muller gesê.

Muller se vrou, Pauline, het openlik gehuil terwyl Koopman die egpaar teruggestuur het na die St. Albans-gevangenis in die Baai.

Ook die Mullers se seun, Corné, het gehuil en gesê mnr. Tamboer is sy “bruin pa”.

“Alles wat ek van die boerdery-bedryf weet, het Tiel (mnr. Tamboer) my geleer.”

Terwyl die beskuldigdes weggelei is, het talle familielede die trane afgevee en verward buite die hofgebou rondgestaan.

Cedric se lykie is volgens insp. Johannes Noeth van die Patensie-polisiekantoor agterop mnr. Tamboer se bakkie uitgebrand.

Sy oorskot is in ’n plastieksak in ’n nabygeleë veld gevind.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer