Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Komitee, unie haaks oor Van Schalkwyk
May 13 2008 11:09:25:600PM  - (SA)  
Abigail Isaacs



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – “Dit gaan my verstand te bowe dat (Gert) van Schalkwyk (een van die sogenaamde Waterkloof-vier) ’n parlementslid, adjunkminister, minister en selfs die president (van Suid-Afrika) kan word, maar hy word nie toegelaat om rugby te speel nie.”

Dié stelling is gister deur mnr. Hein Mentz, president van die Mpumalanga-rugbyunie (MRU), aan die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en ontspanning gemaak.

Hy is voor dié komitee gedaag om sy unie se besluit om Van Schalkwyk by die Pumas-span in te sluit, te verdedig.

Volgens Mentz kan Van Schalkwyk ingevolge die Grondwet as parlementslid dien, omdat sy appèlsaak nog nie afgehandel is nie.

Van Schalkwyk en sy mede-skuldiges se skuldigbevinding en 12 jaar tronkstraf is verlede week deur die Pretoriase hooggeregshof bekragtig. Hulle wend hulle nou tot die appèlhof.

Van Schalkwyk het verlede maand as haker vir die Pumas in die Vodacom-reeks gespeel.

Mentz se hoofargument was dat Van Schalkwyk in die span toegelaat is omdat sy appèl nog hangend is en hy hom dus as “onskuldig beskou totdat hy skuldig bevind word”.

Mnr. Butana Khompela, voorsitter van die komitee, meen Mentz se stelling spruit uit ’n “diep sarkasme wat gegrond is op ’n aanname dat ministers misdadigers is”.

Mnr. Tsietsi Louw, ANC-LP, het gesê dit is vir hom opvallend dat Mentz geen berou toon en dat sy hantering van die kwessie “hoogs arrogant” is.

“Ons verwag van u ’n bietjie berou namens Van Schalkwyk en sensitiwiteit van die unie. Dit verbaas my egter nie dat daar niks van dié aard is nie.

“Ons woon hier in Suid-Afrika en wil nie die voorbeeld van Zimbabwe volg nie. Die probleme in Zimbabwe is as gevolg van mense soos u.

“Doen ons asseblief ’n guns en gaan woon op Orania. U, as ’n leier, moet ten minste ’n bietjie berou toon,” het Louw sy misnoeë laat blyk.

Mentz se reaksie hierop was dat sy verhuising na Orania nie ’n groot verskil sal maak nie. “Orania is steeds deel van Suid-Afrika, so wat geld in dié land geld ook daar. Ek is ook geregtig daarop om in dié land te wees en sal selfs op Orania by sport betrokke wees.”

Volgens Khompela kom die kwessie neer op ras. “Die rede waarom sy skuldigbevinding summier onder die mat gevee kan word, is omdat die persoon wat hy vermoor het, swart is en die lewe van ’n swart man nie veel werd is in dié land nie,” het hy bygevoeg.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), asook die provinsiale en nasionale departement van sport, het ook swaar deurgeloop omdat hulle glo tot dusver nog geen woord gerep het oor Van Schalkwyk se insluiting in die Pumas-span nie.

Volgens mnr. Cedric Frolick, ANC-LP, het die Van Schalkwyk-kwessie Suid-Afrikaanse sport in ’n slegte lig gestel. “Saru is amper ’n medepligtige en ek stel voor dat die saak verwys word na die (nasionale) minister van sport.”

Dié voorstel is deur die komitee aanvaar.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer