Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Fees klaar vuurwarm
Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-13°C

Voorspellings

Meisie se patent laat boere regop sit
May 13 2008 11:04:44:177PM  - (SA)  
Marisa Phillips



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BOTHAVILLE. – Dit is toe nie net ’n boer wat ’n plan kan maak nie, maar ook ’n fyn, blonde skoolmeisie van Tzaneen.

Elizna Boshoff (15) se patent om ’n bestaande snoeimasjien te omskep in ’n snoeimasjien wat telefoondrade kan oopsnoei, het stof in ’n hele paar van die ander deelnemers se oë geskop. Sy het ’n spesiale plek gekry.

Haar interessante patent het besoekers aan die Nampo-oesdag gister beïndruk.

’n Onderwyser van Elizna het haar aangemoedig om dié wetenskap-projek van haar vir vanjaar se Boerepatente-kompetisie op Nampo in te skryf.

Sy het einde verlede jaar met haar navorsing vir die projek begin.

“My ouers boer met avokado-pere en neute by Tzaneen, so ek is maar ’n plaasmeisie in murg en been.”

Elizna het met haar patent die lemgedeelte van ’n vrugtesnoeimasjien aangepas om takke wat oor telefoondrade groei, af te knip.

Dit kan veral met groot sukses deur telefoonkontrakteurs gebruik word of boere kan self ook hul telefoondrade oopknip.

Die blondekop is glad nie skaam om belangstellende boere op Nampo se vrae te beantwoord nie. Flink vertel sy vir ’n ouerige boer die lemme word hidrolies aangedryf.

Sy sê dié snoeimasjien maak die werk baie doeltreffender en gerieflik. “Telefoonlyne kan hiermee ook teen baie laer koste skoongehou word.

“Ek geniet Nampo. Dit is ’n heel nuwe ervaring. Ek het vandag seker al 100 keer my patent aan belangstellendes verduidelik.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer