Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Kurt stel eie parfuumreeks bekend
May 13 2008 11:03:15:707PM  - (SA)  
Eagan Williamson



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Vir diegene wat nog altyd die begeerte gehad het om die Loslappie-sanger Kurt Darren oral by hulle te hê, het die kans uiteindelik aangebreek.

Darren het as ’n verrassing op die bekendstelling van sy nuutste DVD’s ook sy nuwe parfuumreeks vir mans en vroue aan ’n uitgelese geselskap bekend gestel.

KD (Kurt Darren) vir mans spog met ’n “Eau du Parfum” en “Sport”, terwyl KD vir vroue “For Her Tonight” en “For Her Today” heet.

Volgens dié sanger is hy onlangs deur ’n maatskappy genader wat parfuum in Frankryk koop en self meng om sy eie reeks plaaslik te skep.

“Dit is ’n lekker fun- projek. Ek het dadelik ingestem, juis omdat ek soos met my nuwe DVD’s in gehalteprodukte glo.”

Die projek het eers sowat ’n week en ’n half gelede vorm aangeneem toe Kurt self by die ruik en vermenging van die parfuum betrokke was en uiteindelik die geure waarvan hy die meeste hou, kon kies.

Kurt is volgens kenners die eerste Afrikaanse sanger wat nou met sy eie parfuumreeks spog.

Terwyl hulle nog nie besluit het op die finale verpakking of verspreidingskontrakte vasgemaak het nie, glo hy uit die reaksie van die gaste dat die reeks baie gewild gaan wees.

Onder die gaste was van sy mede-sangers soos Nicholis Louw, Sarah Theron, Pieter Koen en Mathys Roets, radio-bekendes Riva Schoeman, Martin Bester en Darren Simpson van Jacaranda 94.2, die mode-ontwerper Simon Rademan en akteursvriende Izak Taaljaard van Hester en Ester Bester en Hannes van Wyk van Egoli.

“Almal wat daar was, was gaande oor die reuk en dit laat my great voel.”

Benewens die twee DVD’s, Kurt Darren: Treffers Live en Kurt Darren: Die video’s, is hy baie opgewonde oor sy komende deelname aan die lief-dadigheidskonsert waar hy eersdaags in Londen ’n verhoog met internasionale kunstenaars gaan deel.

Die konsert waar hy die verhoog met name soos Annie Lennox en Queen en onder andere Oprah Winfrey en Bill Clinton gaan deel, is alles ten bate van oudpres. Nelson Mandela se liefdadigheid-stigtings.

“Min mense weet dit, maar ek het onlangs die grootse voorreg gehad om byna ’n hele uur met Madiba te gesels; iets wat ek in my lewe nooit sal vergeet nie.

“Madiba het nog geskerts dat hy graag sy vrou, Graca, na een van my konserte wil bring en het gemaak- ernstig uitgevra waar ek oral optree.”

Kurt het onlangs sy buiging as televisie-aanbieder in Jukebox, ’n musiekprogram op kykNET, gemaak.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer