Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Koshuis op Wellington erg beskadig in brand
May 13 2008 11:01:56:177PM  - (SA)  
Rozanne Els



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

WELLINGTON. – ’n Teddiebeer, drie handboeke en ’n pennesakkie.

Met dít en haar lewe het me. Samantha van Wyk (19), ’n derdejaarstudent aan die Hugenote-kollege op Wellington, midde vlamme en rook uit haar brandende koshuis ontsnap.

Huis Cummings, ’n historiese klipgebou wat in 1898 as koshuis ingewy is, is gister omstreeks 00:30 in chaos gedompel ná vermoedelik ’n elektriese kortsluiting.

“Ek het ’n harde slag gehoor en almal het gehardloop en geskree: ‘Kom help! Kom help!’” het me. Astrid-Anne Valentyn (20), ’n derdejaarstudent wat op die tweede verdieping gebly het, vertel.

“Ek het gedink dit is ’n grap, maar toe gaan ek op na die derde verdieping en daar was net rook.”

Die intensiteit van die hitte het die glas van die vensters buitentoe laat skiet en kamer ná kamer is deur die vlamme verwoes.

Mnr. Dereck Peceur, assistent-brandweerhoof van die Drakenstein-munisipaliteit, sê die brand is vermoedelik deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak.

Die boonste verdieping se dak het glo op die tweede verdieping ingeval. Die onderste verdieping is ook erg beskadig.

Sowat 30 brandbestryders van die Drakenstein-munisipaliteit en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het saam die brand geblus.

Volgens Peceur sal die herstelkoste van dié gebou miljoene rande beloop.

Die studente se eksamen sou vandag begin het. Volgens mnr. Chister Conradie, die studenteraadsvoorsitter, is dit uitgestel tot volgende Maandag. Studente wat te getraumatiseerd is, sal toegelaat word om die eksamen volgende kwartaal af te lê indien ’n berader dit aanbeveel.

Die Hugenote-kollege is by Unisa geaffilieer.

Dr. Karien Lubbe het namens die rektor, prof. Johan Viljoen, gesê die kollege doen al die moontlike om die studente te help.

Volgens Lubbe sou die studente gisteraand in koshuise op die dorp, asook op die kampus, gehuisves word.

Talle gastehuise en lede van die gemeenskap het ook huisvesting aangebied. Volgens haar werk hulle aan ’n plan om die studente op lang termyn te huisves.

Mense wat skenkings wil maak, kan 0021-873-1181 bel.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer