Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

LUR moet R10 m. opdok
May 13 2008 11:00:51:783PM  - (SA)  
Mike van Rooyen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Vrystaatse LUR vir openbare werke, paaie en vervoer moet meer as R10 miljoen aan ’n jong man van Hartswater betaal nadat hy permanente breinskade in ’n motorongeluk op die pad tussen Bloemfontein en Dealesville opgedoen het, is in die Vrystaatse hooggeregshof gelas.

Dié bevel volg op ’n vroeëre bevinding dat die toestand van die pad, veral die hoogteverskil tussen die teerblad en die skouer van die pad in die omgewing waar die ongeluk gebeur het, ’n gevaar vir padverbruikers ingehou het.

Regter B.C. Mucumie het by ooreenkoms tussen die partye gelas benewens die R10 212 501 wat die LUR aan mnr. Berto Esterhuizen (26) moet betaal, moet hy ook aan sy pa, Theo, R278 499 vir mediese en ander koste vir sy seun se behandeling betaal.

Die LUR het reeds meer as R1 miljoen aan die pa betaal vir mediese en ander verwante koste.

Berto, destyds ’n student aan die Boland-kollege, was voor die ongeluk ’n goeie sportman.

Regter Mucumie het ook by ooreenkoms gelas die LUR moet R700 000 aan mnr. Renier Zietsman (26) betaal. Hy het onder meer nekbeserings in die ongeluk opgedoen.

Hy was, soos Berto en mnr. Ryno Adriaanse (25), ook ’n passasier in die BMW-motor wat laataand op 22 Junie 2001 op die pad omgeslaan het nadat die bestuurder vir ’n wildsbokkie uitgeswaai en op die skouer beland het.

Hulle was laataand van Bloemfontein op pad terug na Hartswater toe die ongeluk gebeur het.

Die LUR is ook vir die regskoste en koste vir deskundige getuies wat in die verhoor getuig het, verantwoordelik.

Berto is onbevoeg verklaar om sy geldsake te hanteer en mnr. J.F. de Beer is as kurator van sy boedel aangestel.

Berto se breinskade is sodanig dat hy geen aktiewe breinfunksie het nie.

Die verhoor om die kwantum van Adriaanse se eis teen die LUR gaan steeds voor regter Mochumie voort.

Volksblad verneem die partye het reeds geskik dat die LUR aan hom ook R700 000 betaal vir algemene skade en mediese koste. Oor sy eis van R3,2 miljoen vir verlies aan toekomstige inkomste, moet nog beslis word.

Hy het breinskade en rug- en nekbeserings opgedoen.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer