Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Twee sal sê oor Noby se vyande
Die name van politieke vyande van mnr. Noby Ngombane (38), wat sy lewe bedreig het, is in groot geheimhouding agter geslote deure deur sy weduwee, Nokwanda, in die geregtelike ondersoek na sy dood bekend gemaak. “Ek is baie bang soos ek hier sit. Ek het twee jong kinders wie se pa weens sy politieke betrokkenheid dood is,” het sy gister voor streeklanddros Dawn Soo-maroo getuig. In nog ’n wending in die ondersoek na die dood van dié vertroueling en senior amptenaar van die Vrystaatse premier, me. Beatrice Marshoff, sal nog ’n getuie, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, ook agter geslote deure voor landdros Soo-maroo getuig. Dié getuie is weens die sensitiwiteit van haar/sy getuienis en om veiligheidsredes nie bereid om te getuig as haar/sy identiteit nie beskerm word nie. Dit is waarskynlik iemand wat saam met mnr. Ngombane in die stormagtige tyd in die ANC vóór sy dood op 22 Maart 2005 nou saam met hom in hoë politieke kringe in die Vrystaatse ANC beweeg het. Omdat mev. Ngombane getuig het haar man is deur sy politieke vyande doodgemaak, kan afgelei word die nuwe getuie is waarskynlik iemand wat nou met hom saamgewerk, hom goed geken en geweet het wie sy vyande is. Soos toe mev. Ngombane getuig het, sal net landdros Soo-maroo, adv. Jannie Botha, wat die getuienis namens die staat lei, en adv. Willem Edeling, wat namens mev. Ngombane en haar familie optree, by wees wanneer dié getuie getuig. Edeling het dié getuie geroep en sal waarskynlik die getuienis lei. Mev. Ngombane het gister geweier om ’n vraag van Botha te beantwoord oor wie haar man se politieke vyande is. “Ek verstaan die politiek in die Vrystaat. Ek wil nie hê my lewe moet nou eindig nie.” Sy was bereid om die vraag agter geslote deure te beantwoord. Landdros Soomaroo het onder meer gesê indien mev. Ngombane die name in die openbaar bekend maak, kan haar lewe in gevaar wees. In ander getuienis oor die skietdood van mnr. Ngombane by sy huis in Morrisstraat 16, Hillsboro, Bloemfontein, is onder meer getuig die Ngombane-egpaar se verhouding met mekaar was ’n voorbeeld vir die samelewing. Dit was ’n gelukkige huwelik. Die ondersoek duur voort.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|