Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Moontlike aanvalle afgeweer
Dertien moontlike plaasaanvalle is van die begin van die jaar tot einde April in die Vrystaat afgeweer. Sedert 2004 is 150 moontlike plaasaanvalle in die provinsie gestuit, sê Vrystaat Landbou (VL). Die skokkende plaasaanval die naweek waarin mnr. Jacques Moll (64), leierboer van Ficksburg, vermoor en sy vrou, Genene (58), en ’n buurman, mnr. Nic van den Bergh (51), gewond is, was die ergste vanjaar in die provinsie. Volgens Agri SA en VL se syfers was daar sedert 1991 tot verlede jaar 10 730 plaasaanvalle in die land, waarin 1 699 mense vermoor is. Verlede jaar was daar 497 aanvalle op plase in die land en is 60 mense vermoor. Hiervan was 47 aanvalle in die Vrystaat. Vyf Vrystaters is vermoor. Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van VL se wet-en-ordekomitee, sê vanjaar is reeds 13 moontlike plaasaanvalle deur VL se intelligensiediens onder leiding van mnr. Hennie Gerber en in samewerking met die polisie afgeweer. Verlede jaar is 40 moontlike plaasaanvalle gekeer, in 2006 43, in 2005 22 en in 2004 32. VL het ná die moord op Moll die regering weer gekap oor sy stilswye oor plaasaanvalle en plaasmoorde en oor sy onvermoë om misdaad en aanvalle te bekamp. Aan die een kant word geswyg en aan die ander kant maak sekere politici onverantwoordelike uitsprake oor die landbou en boere, sê VL. “Dit is nie bevorderlik vir goeie verhoudings in die land nie.” VL daag met die hulp van die menseregte-advokaat George Bizos die regering voor die hooggeregshof omdat burgers aan die Lesotho-grens nie teen misdaad beskerm word nie. VL se hofsaak word gebou op die verklarings van ’n twintigtal grensboere, van Zastron in die suide tot Clarens in die noorde, wat onder grensmisdaad deurgeloop het.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|