Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Spekkies sê sy
berou is groot
Die eens suksesvolle makelaar en trustee van die Noite Dia-trust in Bloemfontein, mnr. Spekkies Heckroodt (63), staan vandag as ’n gebroke, sieklike man vol skaamte en berou in die Vrystaatse hooggeregshof waar hy moet boet vir die miljoene rande waarmee honderde beleggers ingeloop is. Dié man wat skuld beken het op 923 aanklagte van bedrog en agt verwante aanklagte waarby altesaam meer as R54 miljoen betrokke is, werk nou by ’n lood-gieter teen R3 000 per maand. Hy en Noite Dia is in 2005 gesekwestreer. Hy het alles wat hy in 40 jaar bymekaar gemaak het, ook sy huis in Fichardtpark en vakansiehuis van R3 miljoen by die see, verloor. Hy woon nou in ’n meenthuis wat sy vrou in Langenhovenpark huur. Hy gaan môre teen sy eertydse vennoot in die Noite Dia-skema, mnr. Johann Greeff van Bloemfontein, en sy drie ander eertydse medebeskuldigdes getuig. Hulle ontken skuld op 931 aanklagte. Mnr. Dawie Reyneke, sy regsverteenwoordiger, het gister voor regter A.P. Beckley ’n verklaring oor Heckroodt se berou voorgelees. Heckroodt was te aangedaan. Hy vra daarin verskoning vir die mense wat deur sy toedoen die vernedering en moeite moet deurgaan om werk te soek om vir die verlies aan inkomste te vergoed, of bankrot gegaan het. Hy weet hoe die beleggers moet voel wat alles verloor het. Dit het met hom en sy vrou ook gebeur. “As jy as gevolg hiervan by ander, familie en vriende, bakhand moet staan en ontneem is van selfrespek en trots om jou daaglikse brood op die tafel te sit . . . Ek het berou. “As jou lewenslus en gesondheid deur my toedoen beïnvloed en geraak is, het ek berou. “As die posisie waarin ek jou geplaas het so oorweldigend was dat jy in jou geloof wankel en getwyfel het, of selfs God verwerp het, dan staan ek vol skaamte voor jou en Hom. “Ongelukkig is ervaring ’n harde leermeester, want hier het ek ’n harde les eers aan sy einde geleer. Daarom kan ek met empatie vergifnis vra vir wat ek in nalatigheid aan jou en ook aan my eie familie gedoen het.” Hy sê hy vertrou mense sal hom kan vergewe. Nie net ter wille van hom nie, maar ook hulself. “Want wanneer ’n mens haat in jou hart koester, vernietig dit jou hele menswees – daardie deel wat nooit sterf nie – daardie deel waarmee ons die volgende lewe betree,” lui die verklaring.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|