Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Getuienis ná moord raak mense diep
May 14 2008 11:02:16:493PM  - (SA)  
Loraine Kalp



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die geestelike gevolge wat die dood van die geliefde boer mnr. Jacques Moll sr. in die jongste plaasmoord in die Vrystaat gehad het, sal “sy tone laat krul van lekkerte”.

Só sê die vermoorde boer se jongste seun, mnr. Xavier Moll, wat in die plaasaanval gyselaar gehou is en hardop tot Jesus gebid het dat die aanvaller se geweer nie afgaan nie. Die aanvaller se geweer het toe geweier.

Hy sê dit was ’n absolute Goddelike ervaring wat hy gehad het waaroor hy nie kan stilbly nie.

Moll sê dit was asof die hemel vir ’n oomblik oopgegaan het toe hy in die stort gestaan het en die een aanvaller vir die ander gesê het om hom te skiet.

“Ek staan in daai stort en ek weet my einde is hier. Ek het die heeltyd kliphard in die naam van Jesus gebid.”

Hy sê die volgende oomblik het hy ’n helder wit lig, “wat voel soos ’n infrarooi lig wat alles warm maak”, bokant hom gesien en ’n Goddelike gevoel van vrede het oor hom gespoel. Dít is toe die aanvallers omdraai en hom saam met die kinders in die huis agter- los.

“Ek kán net nie stilbly hieroor nie. Anders sal my pa se dood niks beteken nie.”

Moll sê hy het sedert die tragiese dood van sy pa deur sy getuienis ’n oplewing onder mense se geloof ervaar.

Hy sê sy getuienis het baie mense se lewe geraak. Mense wat hom nie ken nie en die koerantberig gelees het, het hom gebel en gesê hulle ken hom nie, maar hulle het hul harte vir die Here gegee.

Hy sê ’n vrou het na sy huis gekom en haar hart in sy huis vir die Here gegee.

“Daai Moll-man se tone krul van lekkerte in die hemel om dié dinge te sien gebeur.”

Mnr. Bierman Roodt van Edenville sê hy kon Maandag nie sy oë glo toe hy die naam van Jesus op die voorblad van Volksblad lees nie.

Hy sê die berig het hom so geraak dat hy na sy kamer gegaan het om te gaan bid.

“Ek het geween voor die aangesig van die Here en ek het vir die familie geween.

“Ek het hardop gebid dat die Here die familie in dié moeilike tyd moet bystaan.”

Roodt sê sy hart was diep aangeraak.

Hy sê die onderwysers op die dorp het die berig vir die kinders voorgelees.

Roodt sê die Moll-gesin se geloof het hom en baie inwoners op die dorp aangeraak.

Mnr. Jacques Moll jr. sê deur sy broer se getuienis belewe hulle ’n oplewing in mense se geloof wat wonderlik is.

Mnr. Jacques Moll sr. word Vrydag om 09:00 op die plaas Stölberg in die Ficksburg-distrik begrawe. ’n Erediens word daarna om 10:00 uit die Christenbedienende kerk op die dorp gehou. Moll jr. sal die erediens lei.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer