Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Naghowe ‘is ’n briljante plan’
JOHANNESBURG. – Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags ’n werklikheid wees. Drie plaaslike advokate, advv. Sharise Weiner, SC, Donovan Smith en Shajda Mahomed, is die dryfkrag agter die stigting van sulke howe. Hulle het reeds ’n volledige voorstel in verband daarmee en voorstelle hoe bestaande wette aangepas kan word om daarvoor voorsiening te maak, aan al die land se proku-reurordes, die Law Society of South Africa (LSSA), die Algemene Balieraad van Suid-Afrika en die Regskommissie gestuur. Die idee is dat al die land se strafhowe – landdroshowe, streekhowe en hoër howe – 24 uur per dag in sitting sal wees, maar met dienende advokate, prokureurs en ander regsgeleerdes uit die private sektor as regters, landdroste, staatsaanklaers en openbare verdedigers. Van sulke regslui sal voorts verwag word om die nag-hofwerk gratis te doen, sodat die naghowe byna geen bykomende uitgawes vir die reeds swaar geteisterde departement van justisie sal hê nie. Net hofstenograwe sal deur justisie voorsien moet word en hofordonnanse deur die polisie. Prof. Marinus Wiechers, oudrektor en -hoogleraar in die reg aan Unisa, sê gister hy beskou Weiner-hulle se “insiatief as briljant en iets wat beslis verwelkom moet word”. “Solank die onafhanklikheid van die regbank behoue bly, is die idee van naghowe ’n praktiese oplossing vir ’n baie ernstige probleem. “Wat vir my veral treffend is, is dat die idee vir die naghowe spontaan uit die geledere van praktiserende regslui gekom het. “Dit bewys dat die private regsberoep nie net handjies gevou wil terugsit terwyl die howe spartel nie. Hulle sê: ‘Kom ons hou op kla en mor en dóén iets.’ Die regering het nou al ’n dekade gehad om die situasie op te los, maar nog nie regtig iets reggekry nie. Die regering mag dus nie hierdie voorstel afmaak nie. Dit moet ernstige aandag kry.” As hy gevra word om self by só ’n hof betrokke te raak, sal hy dit doen, sê Wiechers. Hy waarsku egter dat daar baie praktiese hekkies in die pad lê van sulke naghowe, maar Weiner het gister gesê sy en haar kollegas is heeltemal bewus daarvan. “Ons sal natuurlik vir eers die volle samewerking van al die prokureursordes, die LSSA en die Algemene Balieraad moet kry. In ’n mindere mate sal justisie en die polisie ook hul samewerking moet gee. “Ons het reeds terugvoering van die regskommissie gekry, wat níé ons voorstel summier afgeskiet het nie. Hulle oorweeg dit in samewerking met justisie.” Een van die praktiese voordele van naghowe is dat misdadigers wat op heter daad betrap word, dadelik hof toe gevat kan word en dat die saak daar en dan afgehandel kan word sonder dat die verdagte jare as verhoorafwagtende in ’n tronk aangehou moet word. Justisie het enkele jare gelede op ’n proefgrondslag by sekere landdroshowe met ’n stelsel van naghowe begin, maar dit het ’n stil dood gesterf.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|