Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
PRETORIA. – “Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.” Só het die bekroonde skrywer André P. Brink gister gesê nadat sy susterskind die naweek voor sy vrou deur rowers doodgeskiet is. Mnr. Adriaan Steenberg (45), seun van die skrywer Elsabé Steenberg, is Saterdagoggend in sy slaapkamer op ’n kleinhoewe in Leeufontein, in die noordooste van Pretoria, voor sy vrou, Leonie (41), in die gesig geskiet. Die egpaar se drie jong kinders, wat onderskeidelik elf, nege en agt jaar oud is, het in die huis geslaap toe hul pa geskiet is. “Ons moet teen alle hoop bly hoop dat iemand beheer sal kry, want dit blyk dat die regering nie meer die land kan regeer nie,” het Brink gister telefonies uit die Wes-Kaap gesê. Mev. Steenberg het gister vertel dat hulle verlede Vrydagaand haar skoonpa, prof. Dawie Steenberg (68), ’n Alzheimer-lyer, in Centurion gaan haal het om by hulle te kuier. Hulle het Saterdagoggend omstreeks 02:30 gaan slaap. “Ek weet nie hoe laat dit was nie, maar my man het opgespring en gesê daar is iemand in die huis,” het Steenberg gesê. Die verdagtes het deur ’n venster in die eetkamer toegang tot die huis gekry. “Adriaan het gesê ek moet langs die bed op die vloer lê. Hy het ook langs die bed gaan lê. “Ons het voetstappe op die trap gehoor en my skoonpa het om hulp geroep. Adriaan het opgestaan om die paniekknoppie te druk. “Hy was nog half regop toe skiet hulle hom in die wangbeen. Ek het die vlam gesien en toe val Adriaan.” Terwyl die verdagtes vir Steenberg met die dood gedreig het, het hulle haar met ’n vuurwapen gedreig en beveel om die alarm af te skakel. Daarna het hulle haar na prof. Steenberg se kamer geneem waar hulle haar hande vasgebind en haar skoonpa uitgetrek en sy hande ook vasgebind het. Prof. Steenberg het net sy hemp aangehad. “Een was saam met ons in die kamer en nog twee buite. My skoonpa het op sy rug gerol en die deur met sy voete toegestamp om hulle uit te hou. Hy het hulle ook met sy kierie geslaan,” het Steenberg gesê. “Hy het opgehou nadat hulle gedreig het dat hulle hom sal doodmaak.” Steenberg het aan die boewe gesê hulle moet vat wat hulle wil hê en gaan. Sy wou net by haar man kom om hom te help. Toe hulle haar uit haar skoonpa se kamer neem, het een van die rowers buite die kamer met ’n vuurwapen teen haar negejarige dogtertjie se kop gestaan. “Sy wou huil, maar ek het haar gekalmeer en na haar oupa geneem,” het Steenberg gesê. Die skurke het Steenberg deur die huis geneem en geld, selfone en ’n skootrekenaar gesteel. In ’n stadium het hulle haar alleen in die kamer by haar man gelos. “Ek het sy pols gevoel, maar daar was niks nie. Ek wou net iets vir Adriaan probeer doen, maar ek kon nie.” Steenberg het buite skote gehoor, wat glo deur die veiligheidsmaatskappy afgevuur is, en die rowers het op die vlug geslaan. “Dit was onnodig om hom te skiet,” het Steenberg gesê. “Hy het geglo hy was goed vir almal en dat niemand ons sal seermaak nie.” Volksblad het verneem dat ses verdagtes wat Maandagaand in Mamelodi in verband met sowat 18 moorde en verkragtings in die Kameeldrift-omgewing in hegtenis geneem is, met Steenberg se moord verbind kan word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|