Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Skokfonds in winkel
TAUNG. – Noord-Kaapse speurders het die grieselrige oorblyfsels van ’n vrou in ’n opgevulde gat onder die splinternuwe betonvloer van ’n winkel aangetref. Dit kom ses maande nadat die winkelhuurder beweer het hy is deur sy vrou en twee mans van R30 000 beroof. Videobeeldmateriaal op ’n selfoon van die gat in die vloer, wat by een van die twee verdagtes aangetref is, het kapt. Dolf Lourens van Kimberley en ’n span speurders van Warrenton op die bloedige moordspoor geplaas. Twee burgers van Bangladesj, mnre. Sue Miah (32) van Carrstraat 7, Kimberley, en Nur Dulal (40) van Pampierstad, het gister vlugtig in die landdroshof op Warrenton in verband met moord en regsverydeling verskyn. Albei verdagtes word aangehou. Die deurbraak in die omvattende ondersoek kom nadat Miah op 5 November verlede jaar ’n klag van gewapende roof by die polisie op Warrenton ingedien het. Konst. Andrea Cloete van die polisie sê Miah het toe in ’n verklaring gesê hy het na bewering R30 000 by ’n vriend in Pampierstad geleen en in sy skoene versteek. Miah het glo ’n saamrygeleentheid na Kimberley gesoek. Buite Warrenton het sy vrou hom gebel om te verneem waar hy is. Sy het glo gesê sy sal hom oplaai, want hy kan nie met soveel geld duimry nie. Miah het na bewering in ’n wit Toyota met sy vrou en twee mans geklim, waar hy met ’n vuurwapen aangehou is. Sy vrou het glo die geld uit sy skoene gehaal en vir die motorbestuurder gegee. Hulle wou Miah toe na bewering skiet, maar hy het uitgespring en gevlug. Sedertdien het Miah verskeie klagte by die polisie se provinsiale hoofkantoor in Kimberley en selfs by die onafhanklike klagtedirektoraat ingedien. Hy was ontevrede omdat die gewapende rooftog nie opgelos word nie, want sy vrou was saam met die rowers. Kort nadat Lourens die ondersoek verlede week begin lei het, is vasgestel die geskrewe leenooreenkoms (betreffende die geld) en die aanklag van gewapende roof was vals. Die speurders het Miah en Dulal Maandag in hegtenis geneem. Beslag is op Miah se vrou se selfoon gelê. Beslag is ook op ’n selfoon van Dulal gelê. Op dié selfoon is videobeeldmateriaal van ’n gat in ’n betonvloer in ’n gebou gekry. Dit het die speurders na die winkel in Rooiwal gelei wat Miah gehuur het. In die een kamer was ’n nuwe betonvloer. Speurders het dit opgekap. In die holte wat met grond gevul is, is die lyk toegewikkel in ’n kombers én ’n foto van Dulal gekry. Saam met die kombers was ’n wit deken. Woedende inwoners van Taung het voor die winkel saamgedrom toe die lyk weggeneem is. Die polisie probeer nou vasstel of die lyk dié van Miah se vrou is. ’n Lykskouing word vandag gehou.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|