Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
Man moet jaar sit oor wild
KURUMAN. – Die Gautenger wat vroeër hier skuldig bevind is aan agt klagte weens onder meer die onwettige besit van wild, is gister vir ’n jaar tronk toe gestuur. Mnr. Dirk Dippenaar van Bronkhorstspruit is in Februarie 2008 buite Kuruman in hegtenis geneem. Hy het onder meer agt steenbokke in sy besit gehad. Ná sy eerste verskyning het die saak ’n dramatiese wending geneem toe dit geblyk het hy het onder sy tweelingbroer, mnr. Koos Dippenaar, se naam verskyn. Die saak is telkemale uitgestel nadat Dippenaar ter strafversagting getuig het hy het ’n dwelmprobleem en wil vir rehabilitasie gaan. Hy is toe vir waarneming na die Weseinde-hospitaal in Kimberley verwys. Landdros Lance Roach het in sy uitspraak gesê luidens die psigiatriese verslag het Dippenaar tydens sy aanhouding geen dwelms gebruik nie, en ook nie veel onttrekkingsimptome getoon nie. Die verslag lui dat hy toerekenbaar is en die wederregtelikheid van sy optrede begryp. Luidens die proefbeampteverslag het Dippenaar nie berou oor die misstap getoon nie. Roach het gesê Dippenaar staan nie “in die hof met skoon hande nie”, maar het vorige veroordelings op sy kerfstok. Hy is dus nie ’n “nuweling in die klub van misdadigers nie”. “U het ’n geneigdheid om misdrywe te pleeg. Vorige strawwe het geen indruk gemaak nie, want hier staan u weer in die hof,” het hy aan Dippenaar gesê. Dit is van belang dat Dippenaar gesê het hy het hulp nodig om sy dwelmverslawing te oorkom. Die proefbeampte het ook verwysing na ’n rehabilitasiesentrum as moontlike vonnis aanbeveel. Dippenaar het homself egter al vantevore uit rehabilitasiesentrums ontslaan, en daar is geen waarborg dat hy dit nie weer sal doen nie, het Roach gesê. “Aanhouding het u goed gedoen, deurdat u nie meer dwelms gebruik nie.” Dippenaar word daarom tot een jaar tronkstraf op al agt klagte saam gevonnis. Dié vonnis is nie hersienbaar nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|