Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Afgebrande huis word gefynkam
KROONSTAD. – ’n Span forensiese deskundiges en geleiders met honde wat spesiaal vir ondersoeke op brandtonele opgelei is, het gister die skrikwekkende toneel op Kroonstad gefynkam waar ’n vragmotor ’n huis getref en drie mense doodgebrand het. Die hitte van die vlamme weens die gasse in die huis en vragmotor was so erg dat die lyke moontlik heeltemal verkool het. Polisielede het die toneel waar die ongeluk Woensdagoggend vroeg plaasgevind het as “totale verwoesting” beskryf. Die naam van die vragmotorbestuurder, mnr. Loff van Staden van Beaufort-Wes, is intussen gister deur die polisie bekend gemaak. Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê daar is ’n versoek dat die naam van die maatskappy waarvoor hy gewerk het, nie bekend gemaak word nie. Mev. Joey Koekemoer en haar vriend, mnr. Sarel de Winnaar, het volgens ’n buurvrou, mev. Gina Kent, nog gelewe nadat die vragmotor hul huis by die Kraalkop-kleinhoewes aan die oorkant van die N1 langs die dorp getref het. Hulle het om hulp geroep voordat hulle doodgebrand het. Koekemoer se oudste seun, Lourens, het gister in Bloemfontein gesê dit is vir die gesin ’n baie moeilike tyd en haar dood is vir hulle baie traumaties. Sy een broer Ryno was gister van Londen na Suid-Afrika onderweg. Sy word ook oorleef deur nog ’n seun, Martin, ’n dogter, Michelle, en twee kleinkinders. Koekemoer sê hy weet die polisie soek nog na sy ma se lyk. Indien hulle haar kry, moet daar eers volgende week ’n lykskouing gehou word voordat sy daarna in Bloemfontein begrawe sal word. Hy sê De Winnaar het sover hy weet nie kinders gehad nie. De Winnaar se enigste broer is twee weke gelede op Viljoenskroon dood. Buiten die polisie se forensiese ondersoekers en speurders is insp. Fanie du Plessis en sy hond Xanber van Bethlehem en insp. Johan du Toit en sy hond Benny van Sasolburg ook ingespan om die ongelukstoneel deur te soek. Grondverskuiwingstoerusting is ook gebruik om tussen die wrakstukke en rommel te soek. Die oorsaak van die ongeluk maak deel van die polisie se ondersoek uit.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|