Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           7-29°C

Voorspellings

Skool mag appelleer teen beslissing
May 17 2008 12:35:12:307AM  - (SA)  
frans coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die Junior Skool Kimberley se aansoek om verlof om teen ’n hooggeregshofbeslissing van November verlede jaar te appelleer, is Vrydag in die hooggeregshof toegestaan.

Waarnemende regterpresident L.O. Bosielo en regter S.A. Majiedt het op 23 November verlede jaar ’n aansoek van die skool afgewys. Die skool het gevra dat die besluit van die hoof van die Noord-Kaapse departement van onderwys tersyde gestel word om ’n vroulike kandidaat pleks van die skool se manlike voorkeur-kandidaat as hoof aan te stel.

Die regters het gister in hul uitspraak gesê nadat hulle die kwessie noukeurig oorweeg het, is hulle van mening dat daar ’n redelike vooruitsig vir ’n suksesvolle appèl is. “Die appèlhof mag bevind dat ons gefouteer het met ons bevindings betreffende die magte van die hoof van die onderwysdepartement nadat hy hom vergewis het dat die skool se beheerliggaam ingevolge die Wet opgetree het.

“In die algemeen mag ’n appèlhof bevind ons het gefouteer in ons benadering betreffende die hoof van die onderwysdepartement se opweging van die gelyke indiensnemingsoorwegings teen die ongelyksoortigheid, onvermoë en geskiktheid van die kandidate wat deur die beheerliggaam aanbeveel is.” Adv. Johan van Niekerk, SC, het vir die skool opgetree. Adv. L.T. Sibeko, SC, het vir die hoof van die departement van onderwys opgetree.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer