Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Seun soek ná brand net antwoorde
Hy het die aand voor haar dood nog met sy ma oor die telefoon gesels. “Sy sou die volgende dag vir my in Bloemfontein kom kuier het. Haar laaste woorde aan my was, ‘Sien jou môre, seun’,” vertel mnr. Lourens Koekemoer (30), seun van wyle mev. Joey Koekemoer van Kroonstad. Mev. Koekemoer het dié week doodgebrand toe ’n vragmotor wat bevrore aartappelskyfies vervoer het, hul huis in Kroonstad getref het. Mev. Koekemoer, haar vriend, mnr. Sarel de Winnaar, en mnr. Loff van Staden van Beaufort-Wes, die vragmotorbestuurder, het doodgebrand. Koekemoer glo sy ma se wens sou wees dat hy en sy twee broers en suster sal aanbeweeg om ’n sukses van die lewe te maak, “met die wys-heid wat Ma ons geleer het”. Hy het gister aan Volksblad gesê: “Ek wens net ons kan uitsluitsel kry oor wat gebeur het. “Die polisie hou ons in die duister, want hulle het Woensdag vir ons gesê ons moet die toneel verlaat omdat hulle die oorskot verwyder. Dit is vir my baie erg omdat dinge so aansloer. “Dit laat mens selfs wonder of my ma dalk haarself kon bevry het en dalk selfs iewers nog lewe. Ek weet nie wat om te dink of doen nie. My emosies is in ’n warboel. “Ek het soveel vrae. Ek het gehoor die eerste brandweerwa het op pad na die toneel sonder diesel gaan staan en dat daar ook nie water in die brandweerwa was nie. “Ons het regsadvies by Naude-prokureurs in Bloemfontein gekry. Ek kan nie iemand blameer nie, ek soek net antwoorde.” Sy grootste wens is dat so iets nooit weer sal gebeur nie. “Vragmotorbestuurders moet meer verantwoordelik bestuur en hul maatskappye moet aanspreeklikheid aanvaar,” het dié haarkapper gesê. “Ek is die oudste van ons kinders en moet alles nou reël, maar alles is verwoes in die brand. Ek het nie ’n identiteitsdokument van my ma of Sarel om begrafnisreëlings te tref nie.” Sy een broer, Ryno, was gister van Londen na Suid-Afrika onderweg. Mev. Koekemoer word ook oorleef deur nog ’n seun, Martin (25), ’n dogter, mev. Michelle Ceronio (20), en twee kleinkinders. Die paartjie sal saam in Bloemfontein begrawe word. Koekemoer sê De Winnaar het sover hy weet net ’n neef en nie kinders gehad nie. De Winnaar se enigste broer is twee weke gelede dood. Hy het sy ma twee weke gelede op dié begrafnis laas gesien.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|