Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Hof hoor Bridges is opkonsert per SMS afgesê
May 17 2008 12:35:10:993AM  - (SA)  
Jeanne-Marié Versluis



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PRETORIA. – Die sangeres Sunette Bridges was halfpad deur haar afskeidskonsert in Pretoria toe haar Oos-Kaapse verloofde, mnr. Deon (Skip) van Jaarsveld, haar per SMS afgesê het.

Sy het egter voorgegee alles is reg en die konsert voltooi en CD’s geteken. Maar op pad huis toe het sy “beheer verloor”.

Dít het gister in die Pretoriase hooggeregshof aan die lig gekom toe Bridges getuig het in haar skadevergoedingseis van sowat R1,1 miljoen teen Van Jaarsveld.

Dié boer van Patensie en sy ma, Mary, was gister in die hof.

Van Jaarsveld sou Bridges, dogter van die bekende minnesanger Bles Brigdes, se vyfde man wees.

Sy het glo skade gely weens sy beweerde onregmatige verbreking van hul verlowing in Desember 2005. Hulle sou op 14 Januarie 2006 getrou het.

Van Jaarsveld voer aan dat Bridges al verskeie vorige onsuksesvolle huwelike gehad het en hy onder omstandighede nie kans gesien het om met die huwelik voort te gaan nie.

Bridges het getuig sy het die afskeidskonsert op 6 Desember 2005 gehou en sou drie dae later na Patensie verhuis. Haar vriende, mnr. Pieter en mev. Noelene Rademan, het ná die eerste 45 minute van dié konsert “versteende gesigte” gehad. Mnr. Rademan wou nie hê sy moes Van Jaarsveld se SMS op haar selfoon lees nie, omdat sy nog die konsert moes klaarmaak.

Sy wou dit lees. Dit het gelui: “Ek kan nie met jou trou nie.”

Volgens Bridges het sy en Van Jaarsveld op die KKNK in Maart 2004 ’n romantiese verhouding aangeknoop.

Sy en haar destydse man, die musiekpromotor mnr. Louis van Wyk, was toe in ’n egskeiding gewikkel en is einde April 2004 geskei.

Van Jaarsveld het gesê niemand se verlede kan teen hulle gehou word nie, het sy getuig. In ’n onderhoud later met Huisgenoot het Van Jaarsveld gesê “hy aanvaar my nes ek is”, het Bridges getuig.

Mense in die “vallei” het gespot dat Van Jaarsveld se ma nog nooit met enige van sy verhoudings tevrede was nie.

Die troue, met sowat 200 gaste, sou by die Boardwalk-casino in Port Elizabeth wees .

Sy het haar huis in Pretoria verkoop omdat sy geld moes hê vir die troue, vir haar kinders (12 en 8) se nuwe private skool en om vir eers mee te leef. Van Jaarsveld het die private skool voorgestel.

Hy het gesê hy sal verantwoordelik wees vir haar en haar kinders “vir dit wat ek nie kan bekostig nie”.

“Hy het moeilikheid van sy ma gekry oor hy met my wou trou.”

Volgens Bridges het sy aan hom gesê hy moet ’n besluit neem; dat hy nie met sy lewe kan aangaan en haar en haar kinders as ’t ware op straat los nie; dat sy ’n trourok in die kas het en haar loopbaan op die ys geplaas het.

Op 5 Desember 2005, nadat Van Jaarsveld gesê het sy moet ontspan en “alles is 100% oukei”, het sy hom gevra of sy die trou-uitnodigings moet pos. “Hy sê toe: ‘Ja, pos die kaartjies.’ ”

Die geding duur voort.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer