Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


ASA wil Oscar help om te kwalifiseer
May 17 2008 12:35:01:180AM  - (SA)  
Wilhelm de Swardt



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Atletiek Suid-Afrika (ASA) gaan alles in sy vermoë doen om die Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet Oscar Pistorius te help om vir vanjaar se Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Dít was gister die belofte van mnr. Leonard Chuene, voorsitter van ASA, nadat die arbitrasiehof vir sport in Lausanne, Switserland, beslis het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) mag Pistorius nié verbied om aan byeenkomste vir nie-gestremde atlete deel te neem nie.

Dit beteken Pistorius kan die eerste atleet in die wêreld word wat in dieselfde jaar sy land in atletiek op die Olimpiese Spele én Paralimpiese Spele verteenwoordig

Die groot vraag is of Pistorius in sowat twee maande dit gaan regkry om in die 400 vir die Olimpiese Spele in Beijing te kwalifiseer.

Ampie Louw, sy afrigter, twyfel nie dat Pistorius die Olimpiese A-kwalifiserende vereiste van 45,55 s sal oortref nie.

“Ek en Oscar het reeds met die oog op die Spele harder begin oefen.

“Dit is een van die redes waarom ek hom die laaste paar weke saam met LJ van Zyl, die Afrika- en Suid-Afrikaanse 400-hekkieskampioen, en een van Zimbabwe se voorste 400 m-atlete laat oefen het.

“Die tye wat Oscar in oefeninge gehardloop het, maak my opgewonde.

“Ons eerste doelwit is dat hy van 20 Mei tot 16 Junie in Nederland en Duitsland vir die Paralimpiese Spele kwalifiseer.”

Volgens Louw het Pistorius reeds talle uitnodigings van Europese atletiekorganiseerders ontvang wat wil hê dat hy aan hul byeenkomste vir nie-gestremde atlete deelneem.

“My gevoel is dat Oscar die eerste keer in Italië aan ’n gewone atletiekbyeenkoms moet deelneem.

“Dit is ongelooflik hoe die Italianers hom in sy stryd ondersteun het.”

Chuene het gesê dis meer as goeie nuus dat Pistorius wel aan die Olimpiese Spele in Beijing mag deelneem.

“Onthou, dit was nie ons wat hom geskors het nie, maar die IAAF.”

Van Zyl het daarop gewys dat al kwalifiseer Pistorius nie regstreeks vir die Spele nie, kan hy steeds dalk ingesluit word in ’n Suid-Afrikaanse 4x400 m-aflosspan.

“Ek dink Oscar sal ’n aanwins vir dié span wees as hy wegspring.”

By Suid-Afrikaanse atlete was daar gister gemengde gevoelens oor die ontwikkeling.

Ofentse Mogawane, een van Suid-Afrika se vinnige atlete in die 400 m, het gesê dit sal vir hom ’n eer wees om teen Pistorius te hardloop.

Hannes Dreyer, nog ’n top-naelloper, was ook bly vir Pistorius.

“Ek hoop net dieselfde reëls geld vir Oscar om te kwalifiseer as vir ons.”

Nog ’n bekende atleet wat nie sy naam genoem wil hê nie, meen die arbitrasiehof het gefouteer: “Ek dink nie dit is regverdig om toe te laat dat Oscar teen ons gewone atlete deelneem nie.

“Hy word beslis deur sy kunsbene bevoordeel.

“Hy spring dalk stadig weg, maar hoe langer ’n wedloop raak, hoe meer momentum tel hy op en hoe vinniger raak hy.”

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer