Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Tracy McGregor gekroon as SA se sexyste
May 17 2008 12:35:00:570AM  - (SA)  
carryn-ann nel



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Suid-Afrika se nuwe sexyste vrou van die jaar sê dié titel laat haar voel asof sy ’n Mej. Suid-Afrika-bikinititel gewen het.

Tracy McGregor (24), ’n borrelende blondine en heeltydse model, is Donderdagaand as die land se sexyste vrou op FHM se 100-sexyste-vroue-geleentheid aangewys.

Dit was tot haar eie verbasing, bieg sy. “Ek was verlede jaar 24ste, in 2006 was ek 17de en in 2005 in die toptien. Ek was nou nogal geskok, want ek het dan net agtertoe in die tydskrif beweeg,” lag sy.

Maar die manne het gepraat en vir dié Kapenaar gestem. ’n Rekordgetal van meer as 300 000 stemme is ontvang.

Tracy, wie se ouer suster, Kerry McGregor (26), in 2002 ook dié gesogte titel opgeraap het, het gesê daar is geen mededinging tussen hulle twee nie.

Kerry, wat met die krieketspeler Neil McKenzie getroud is en onlangs ’n babaseuntjie ryker geword het, het die 36ste plek op vanjaar se lys behaal.

“Kerry is op die oomblik in die Verenigde Koninkryk. Sy het gisteraand vir my ’n SMS gestuur en gesê hoe trots sy op my is,” vertel sy. Tracy (jammer ouens, sy het ’n kêrel) sê dit is baie vleiend om te weet mense dink sy is “hot”. Volgens haar is enige persoon sexy wat homself goed dra.

Maar om te l?k soos Tracy, klink na harde werk . . .

“Ek is vier keer ’n week in die gimnasium met ’n persoonlike assistent. Dis nie altyd maklik nie. Ek probeer ook so gesond as moontlik eet, maar sal steeds af en toe aan ’n burger of pizza smul,” verklap sy.

Hoewel sy heeltyds model is, het sy gesê daar is beslis dinge waarby sy betrokke wil raak. “Ek moet voorbereid wees, want ek gaan nog oud en verrimpeld word,” lag sy.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer