Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
Saad op Moll-kis ‘dui op lewe, hoop en visie
FICKSBURG. – Saad is Vrydagoggend deur begrafnisgangers op die kis van mnr. Jacques Moll (64), wat verlede Vrydagaand koelbloedig op sy plaas, Stölberg, vermoor is, gestrooi. Sy ma, mev. Liza Moll (90), was ook teenwoordig en het haar seun emosioneel gegroet terwyl sy die saad oor sy kis gestrooi het. “Saad beteken lewe, hoop en visie . . . dit simboliseer ’n toekoms. Tensy saad nie in die grond val en sterf nie, kan dit nie ’n oes voortbring nie,” het past. Willie Pretorius van die Christenbedieninge op Ficksburg, wat die begrafnis en die gedenkdiens gelei het, die betekenis verduidelik. Die moord op Moll, ’n bekende Jerseyboer, het skokgolwe deur dié gemeenskap gestuur. Sowat 900 mense van oor die land heen het die gedenkdiens ná die begrafnis by die Christenbedieninge op Ficksburg bygewoon. Moll is beskryf as ’n Godvresende en liefdevolle gesinsman, ’n mentor, ’n passievolle boer en ’n ware vriend. Sy vrou, Genene (58), wat in die aanval in die been gewond is, en sy seun Xavier (33), wat self ’n noue ontkoming gehad het, het hul getuienis van dié angsvolle aanval gedeel. Sy seun Jacques jr. (35) het gepreek. Die voorval het plaasgevind enkele ure nadat Jacques jr. se vierde kind, Jessica, deur pa en seun hul “verskalfie” genoem, gebore is. Jacques jr. het ’n beroep op pa’s gedoen om die leier in hul huise te wees en gepleit dat vaders en seuns se harte “bymekaar sal kom”. “Bou jy jou kind se lewe met strooi, hout of stoppels? Of is dit met goud, silwer en edelgesteentes?” het hy gevra. Hy het gesê as die vuur kom, soos dit by hulle gekom het, sal dit die strooi en stoppels verwoes. Dit wat sy pa in hom ingeprent het, die waardes van goud, silwer en edelstene, is al wat die vuur sal weerstaan. “Mense moet kies tussen die angs – en die heerlikheid van God,” was Xavier se boodskap. Gemeenskaplede het ook hul mening gelug. “Dit was nie polities of rassisties nie,” meen mev. Tanya Buitendag, ’n gemeentelid. “Dit is ’n kwessie van ’n geveg tussen lig en duisternis.” Haar swaer, mnr. Gerrie Buitendag, ook ’n gemeentelid, stem saam: “As gemeenskap was ons aanvanklik geskok omdat oom Jacques so ’n steunpilaar in die gemeenskap was. Maar as mens kyk na die familie, en die kalmte wat hulle uitstraal, kry mens vrede. “In die moord is een man weg, maar die Moll-familie staan sterk. Satan probeer om die goeie werk wat God in ons midde doen, te steel.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|