Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Regering gaan vir Eskom-tekorte pa staan
May 17 2008 12:34:56:103AM  - (SA)  
Jan de Lange



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Die regering sal pa staan vir Eskom se tekorte sodat dit onnodig is om elektrisiteitstariewe met 53% te verhoog.

Daar is Vrydag op ’n elektrisiteitsberaad in Johannesburg ooreengekom dat die regering sal ingryp indien Eskom se versoek vir so ’n verhoging nié goedgekeur word nie.

Amptelik gaan Eskom voort met sy aansoek vir dié verhoging voor die Nasionale elektrisiteitsreguleerder (Nersa).

Die openbare verhoor voor Nersa oor die Eskom-aansoek is aanstaande Vrydag in Pretoria.

Gister se ooreenkoms tussen al die groot rolspelers waarin van dié 53% afgesien word, sal egter ook by Nersa ingedien word.

Dit sal beteken dat tariefverhogings geleideliker ingestel kan word.

Eskom sal só sy gunstige kredietgraderings behou sonder dat die drastiese tariefverhogings van 53% waarvoor hy aansoek gedoen het, goedgekeur hoef te word.

Die twee sleutelkabinetslede in die energiebedryf, mnr. Alec Erwin van openbare ondernemings en me. Buyelwa Sonjica van minerale en energie, was gister ooglopend vies oor dié bepalings wat die ANC-verteenwoordigers, onder leiding van mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, by die beraad op hulle afgedwing het.

Die ANC het ook daarop aangedring die regering moet betaal vir besparingsmaatreëls wat Eskom wil instel.

Volgens vooruitskattings wil Eskom vanjaar meer as R2 miljard daaraan bestee.

In sy aansoek voor Nersa word dít as een van die belangrikste redes aangevoer vir die skerp tariefverhogings wat hy wil hê.

Mantashe het in sy openingstoespraak uiteengesit hoe Suid-Afrika in die 1990’s doelbewus besluit het om lae elektrisiteitstariewe te handhaaf ten einde beleggings na die land te lok, soos die beleggings in aluminiumsmelters.

“Ons moet die vraag vra of dit behoorlik en reg is om landsburgers, individue sowel as korporatiewe burgers, te belas weens dié besluite van destyds,” het Mantashe gesê.

Daar mag ook geen verhoging aan Eskom toegestaan word om te vergoed vir enige verliese wat hy in die verlede gely het nie, het Mantashe voorts gesê.

“Ons sal nie toelaat dat werkers moet betaal vir die foute van ander nie,” het mnr. Zwelenzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, in sy toespraak gesê.

Ná die toesprake het kongresgangers moontlike oplossings vir die krisis met geslote deure bespreek. Die media is daarna oor dié besluite ingelig.

Ondanks die verligting vir verbruikers waarop ooreengekom is, het me. Portia Molefe, direkteur-generaal van openbare ondernemings, gesê dit is steeds van deurslaggewende belang dat die groothandelsprys van elektrisiteit teen 2011/’12 minstens 46 sent per kilowatt-uur beloop – ’n feitlike verdubbeling van die huidige prysvlak van rondom 24 sent.

Mnr. Fani Zulu, Eskom-woordvoerder, het gesê rolspelers is dit eens dat tariewe moet styg.

Daar is drie maniere om stabiliteit te bereik.

“Die eerste is deur ’n tariefverhoging (van 53%).

“Die tweede is om skuld te maak, maar dan moet tariewe ook verhoog word om die terugbetaling te finansier.

“Derdens kan die regering as aandeelhouer intree en Eskom finansier,” het Zulu gesê.

As die regering ingryp, kan finansiële stabiliteit bereik word sonder dat tariewe onmiddellik drasties styg.

Elektrisiteitspryse kan dan oor ’n tydperk van vyf jaar styg.

Daar is op die beraad op laasgenoemde besluit.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer