Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Polisielede dalk later vervolg
VILJOENSKROON. – Die saak teen die drie polisiebeamptes wat verlede jaar op aanklagte van bedrog op Vierfontein in hegtenis geneem is, is van die hofrol verwyder. Dié opspraakwekkende saak wat skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het en as ’n heksejag bestempel is, kan moontlik later weer op die hofrol geplaas word. ’n Aanklaer van die direkteur van openbare vervolging se kantoor het die week in die saak waargeneem. Ingevolge korrupsiewetgewing moet ’n sertifikaat van die direkteur van openbare vervolging uitgereik word voordat met die verhoor in so ’n korrupsie-saak voortgegaan kan word. Dit is nie gedoen nie en daarom is die saak van die rol verwyder. Sers. Theo Putter en insp. Juliana Wilbers moes die naweek van hul inhegtenisneming in Julie verlede jaar in die polisieselle deurbring. ’n Derde polisiebeampte, insp. Lukas Nthlapo, is gewaarsku om die Maandag in die hof te verskyn. In dié tyd is die stasiekommissaris en die hoof van die speurtak op Vierfontein summier verplaas en dadelik deur ander polisiebeamptes vervang. Putter en Wilbers se regsverteenwoordiger, mnr. Kobus Burger van Klerksdorp, het destyds die optrede van die polisie se ondersoekspan as naakte rassisme bestempel. Putter en Wilbers moes skriftelik redes aanvoer waarom hulle nie sonder betaling geskors moet word nie, terwyl Ntlapo steeds in sy pos is. Die polisie het destyds gesê Burger se bewerings is onwaar en “enige bewerings van rassisme in die hantering van die spesifieke geval word ten sterkste ontken”.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|