Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Gevaarligte het nie geflits, sê Heckroodt
May 17 2008 12:34:30:527AM  - (SA)  
Mike van Rooyen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Hy wou die Noite Dia-beleggingskema stop, “anders sou my kleinkinders steeds geld van beleggers moes werf om hul oupa se beleggers mee te betaal”, het mnr. Spekkies Heck-roodt (63) in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Hulle was in ’n stadium al “taamlik vuisvoos” om vure dood te slaan van beleggers wat antwoorde oor hul beleggings en winste wou hê. Een transaksie ná die ander wat die groot geld sou inbring, het misluk.

Heckroodt, wat vandeesweek begin het om sy vonnis van 15 jaar (waarvan hy vyf agter tralies moet deurbring) uit te dien, het gister in die verhoor van sy vorige medebeskuldigdes, mnr. Johann Greeff van Bloemfontein, Johan Vosloo, John Pieters en Garth James, al drie van Pretoria, getuig.

Hy het skuld op 923 aanklagte van bedrog en agt verwante aanklagte beken. Die ander vier ontken skuld. Miljoene rande is betrokke.

Hy het getuig dat hy James en Vosloo in Pretoria ontmoet het toe hy sy goeie vriend, mnr. Johan Minnaar van Wesselsbron, daarheen vergesel het om hom met advies by te staan oor ’n belegging wat hy by hulle wou doen.

Hy het self ook met sy eie geld en geld wat hy van familie en vriende gewerf het, bankwissels by hulle gekoop. Met die wissels sou in die buiteland gewoeker en groot winste gegenereer word.

“Daar was nie eintlik kontrakte nie. Dit was nie sommer mense nie. Dit was my naby mense, my vriende.”

Intussen het hy sy werk by Ou Mutual bedank en by ’n vorige kollega daar, Greeff, ’n kantoor gekry van waar hy kon werk.

Einde 1998 het Greeff ook belang gestel in hierdie soort beleggings en die Noite Dia-trust is gestig.

Die oogmerk was om beleggings in te kry en in wissels te belê. Die beleggers sou hul geld en wins ná 120 dae kry.

Hy en Greeff het besluit om die beleggingstyd tot ses maande te verleng om twee maande speling te kry.

Toe hulle die eerste betalings maak, het die ding begin sneeubal. Sommige dae was daar so baie beleggers dat hulle tot op die grasperk voor die kantoor moes wag.

Mnr. Kurt van Duyn, die middelman wat die buitelandse beleggings sou werf vir transaksies, het aanbeveel hulle moet die wissels los en met kontant werk. Toe het die Nedbank-been van die skema begin.

“Een belegger se geld is gebruik om ’n ander te betaal. Nuwe geld het ou geld betaal.

“Ek weet nie of my fuse geblaas het nie, maar die rooi ligte het nie vir my geflits nie.”

Hierdie keer sou daar met ’n dokument wat aantoon dat die geld in die bank is, in die buiteland transaksies beklink word.

“Ek het Garth slaafs gevolg. Ek het baie vertroue in hom gehad.”

Weer eens het die transaksie nie plaasgevind nie.

Toe begin hulle geld in ’n Guernsey-rekening inbetaal.

“Daar was baie goeie tekens dat die trade sou plaasvind.”

European Trading Services het geld na Noite Dia oorbetaal om beleggers in die sogenaamde Nedbank-skema te betaal.

“Ek het kortstondig gedink dit is winste. Dit was die geld wat deur Noite Dia na European Trading Services na die Guernsey-rekening betaal is wat net daaruit na Noite Dia teruggeplaas is.”

James het elke keer goeie redes gegee hoekom die transaksies nie afgekom het nie. Hy het hom geglo.

“Later het ek besluit hierdie ding moet stop. Toe is die grand finale gebore.”

Daarvolgens sou beleggers hul opbrengste en geld ná 20 maande kry. Hy het ’n vergadering by Bains Game Lodge by Bloemfontein met beleggers gehou en vir elkeen ’n “teoretiese” staat van sy beleggings gegee om af te teken.

Mense kon nuwe beleggings of hul ou beleggings en winste van Augustus tot November in dié nuwe been belê. Dié skema sou op 31 Maart 2003 uitkeer.

Die verhoor word Maandag voortgesit.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer