Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-30°C

Voorspellings

Oorskot is dié van verdagte se vrou
May 17 2008 12:34:29:980AM  - (SA)  
frans coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

TAUNG. – Die vrou wie se oorskot vandeesweek in ’n opgevulde gat onder ’n nuwe betonvloer van ’n winkel in Taung aangetref is, was met een van die twee moordverdagtes getroud.

Die polisie het gister bevestig die vermoorde is mev. Nosipho Natasha Miah (28) van Galeshewe.

Nosipho is in 2003 in die geheim met mnr. Sue Miah (32) van Carrstraat 7, Kimberley, getroud.

Sy het op 4 November verlede jaar verdwyn, dieselfde dag waarop haar man na bewering van R30 000 beroof is.

’n Lykskouing is gister op die oorskot gehou.

Miah en mnr. Nur Dulal (40) van Pampierstat het Donderdag vlugtig op Warrenton in die streekhof in verband met moord en regsverydeling verskyn.

Miah, ’n burger van Bangladesj, het die winkel op Rooiwal, Taung, gehuur.

’n Video-opname van ’n gat in ’n betonvloer in ’n kamer van die winkel het die polisie op die spoor van die grusame vonds geplaas.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer