Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Zim ‘op rand van anargie’
PRETORIA. – Terwyl mnr. Morgan Tsvangirai uit vrees vir sy veiligheid in die Nederlandse ambassade in Harare gaan skuil het, het ’n voorste Zimbabwiese menseregte-aktivis gewaarsku Zimbabwe wankel op die rand van anargie. ’n Woordvoerder van Nederland se ambassade in Suid-Afrika het gistermiddag bevestig die leier van die MDC het hom tot hul ambassade in die Zimbabwiese hoofstad gewend. Hy het hom eergister aan die presidentsverkiesing onttrek en kort ná die nuuskonferensie by sy huis, waar hy dit aangekondig het, na die Nederlandse ambassade gegaan. Die opposisieleier het skuiling gesoek nadat “geloofwaardige inligting” bekom is dat hy in gevaar verkeer. Swaargewapende Zimbabwiese polisiebeamptes het gisteroggend ’n klopjag op die MDC se hoofkantoor in Harare uitgevoer. Meer as 60 mense is in hegtenis geneem en in ’n bus weggeneem. Die klopjag het gevolg kort nadat Tsvangirai hom gister in ’n onderhoud met National Public Radio van Amerika bereid verklaar het om op sekere voorwaardes met pres. Robert Mugabe te onderhandel. Die voorwaardes het ingesluit dat alle geweld eers gestaak moet word en dat die presidensiële uitklopverkiesing uitgestel moet word. Mnr. George Sibotshiwe, Tsvangirai se hoofwoordvoerder, het gister uit Gaberone in Botswana aan Japhet Ncube van Volksblad se susterkoerant City Press gesê die weermag is in volle beheer in Zimbabwe. Hy het gesê hy kan dit nie waag om na die land terug te keer nie. “Soos wat ek met jou praat, is dinge erger as wat dit Sondag was. “Die lughawens, die hotelle en die strate wemel van milisie en die Zimbabwiese geheime diens, die CIO. “Daar is ’n soomlose staatsgreep in Zimbabwe en dinge gaan nog erger word,” het Sibotshiwe, ’n vertroueling van Tsvangirai, gesê. Mnr. Arnold Tsunga van die Zimbabwiese Menseregtevereniging en adjunkpresident van die Internasionale Federasie vir Menseregte (IFHR), het gister op ’n voorlegging by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gesê Zimbabwe het die punt bereik waar verkiesings “nodig is, maar nie genoeg nie” om die land se probleme op te los. “Nou, terwyl verkiesings nie genoeg is nie, is daar ’n gaping (in Zimbabwe) wat vrugbaar is vir enige moontlikheid, (waaronder) anargie. “Dit is ’n land wat wankel op die rand van anargie en chaos.”
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|