Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 16-27°CVoorspellings |
|
‘Net genade dat kinders lewend uitkom’
KIMBERLEY. – “Dit is net genade dat ons kinders lewend uitgekom het.” Dit was gister die woorde van mnr. Kobus Beetge, ’n ouer, nadat ’n skoolbussie wat 15 leerlinge na Kimberley vervoer het omstreeks 06:30 in ’n ongeluk tussen Barkly-Wes en Kimberley betrokke was. Twee leerlinge het hul sleutelbene gebreek en nog twee het elk ’n arm gebreek. Beetge, mede-eienaar van die bussie, het gister gesê hy vermoed ’n band van die bussie het gebars en die ongeluk veroorsaak. “Ons het ’n saamry-groep gestig en ’n ouer vervoer nou die kinders na en van Kimberley. Dié ouer het die korrekte rybewys om die bussie te kan bestuur en het niks verkeerds gedoen nie. Dit was bloot ’n ongeluk.” Beetge het gesê ’n groep ouers van Barkly-Wes het die bussie by die Laerskool Eureka oorgekoop. Mnr. Daan du Toit, skoolhoof van Eureka, het gister gesê hy is baie verlig omdat die leerlinge nie ernstig seergekry het nie. “Daar was ses leerlinge van ons skool betrokke. Hulle is na die dokter gebring vir waarneming, maar gelukkig het niemand ernstig seergekry nie.” Personeel van provinsiale ambulansdienste, Netcare 911 en ER24 het na die toneel gejaag omdat aanvanklik gedink is verskeie kinders is ernstig beseer. Kapt. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie op Barkly-Wes ondersoek ’n klag van nalatige en roekelose bestuur.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|