Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Oudpolisiekaptein word vrygespreek
Jun 24 2008 12:10:24:333AM  - (SA)  
Frans Coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BARKLY-WES. – ’n Voormalige stasiekommissaris van die polisie op Delportshoop is hier in die landdroshof op aanklagte van regsverydeling en ’n statutêre oortreding van meineed vrygespreek nadat die staat sy saak gesluit het.

Mnr. Johannes van Heerden oorweeg nou om die polisie siviel te dagvaar. Dié gewese kaptein het intussen sy ontslag in die polisie weens intimidasie gekoop.

Die landdros het veral kritiek uitgespreek teenoor die polisie se hantering van die ondersoek teen Van Heerden en die staatsgetuienis wat met weersprekings deurspek was.

Van Heerden se verhoor spruit uit twee polisie-ondersoeke teen ’n plaaslike delwer in onderskeidelik 1998 en 2001.

Adv. Louis Vertue van Klerksdorp het vir Van Heerden die aansoek om ontslag Vrydag by die landdroshof ingedien.

Landdros N. Mbalo het in haar uitspraak gesê Van Heerden is onskuldig aan albei aanklagte omdat die staat nie sy saak bo redelike twyfel kon bewys nie.

Die staat en verdediging het saamgestem dat die staat se saak in die strafregtelike aanklag teen Van Heerden baie swak was.

Mbalo het verder gesê wat die statutêre oortreding betref, was Van Heerden se beëdigde verklaring nie deur ’n bevoegde persoon afgeneem nie.

Die datumstempel was lank nadat die verklaring om 11:00 op 16 Augustus 1999 afgelê is, op die bewysstuk gevoeg.

Insp. A. Selebele wat die verklaring by Van Heerden afgeneem het, het onder meer getuig hy het 20 jaar diens in die polisiediens op Delportshoop.

Selebele het die verklaring afgeneem omdat hy opdrag gekry het om dit te doen. Hy het verder verduidelik hy verstaan nie Afrikaans nie.

Die landdros het gesê Afrikaans is een van die plaaslike tale in die omgewing van Delportshoop. “Hoe kan hy (Selebele) dan sê hy verstaan nie wat hy beëdig het nie as hy so lank hier gewerk het?”

Mbalo het gesê sy kan nie Selebele se verduideliking aanvaar nie, want dit is vir haar vreemd dat Selebele nie Afrikaans verstaan nie.

Mnr. Samuel Magoba het getuig hy is op 7 Julie 1998 aangerand terwyl dit volgens die verklaring op 11 Julie 1998 was, maar in werklikheid volgens die klagstaat op 9 Julie 1998 plaasgevind het.

Mbalo het gesê boonop verskil die saaknommers op die dossier van twee van die getuies se weergawes.

“Die staat en die verdediging het dit nie betwis nie dat die delwer Magoba aangerand het nie, maar wat Van Heerden hieromtrent gedoen het.”

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer