Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Volksblad-lesers kan nou hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Lee-Ann behaal driekuns
“Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-24°C

Voorspellings

Jy’s nie veilig in jou huis
Jun 30 2008 10:38:33:337PM  - (SA)  
Virginia Keppler



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Veertig huisgesinne is die afgelope jaar elke dag in hul huise deur gewapende rowers aangeval.

Die aantal huisrooftogte het landwyd met 13,5% gestyg, met die skerpste stygings in KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Gauteng is die enigste provinsie wat ’n daling getoon het, hoewel die meeste huisrooftogte algeheel in dié provinsie aangemeld is.

Die misdaadstatistieke vir die jaar April 2007 tot Maart 2008 is gister onder die wakende oog van mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, by die Uniegebou in Pretoria deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekend gemaak. Die polisie sê in sy verslag dat Gautengers wat in die meer gegoede woonbuurte “soos Brooklyn, Garsfontein, Sandton, Honeydew en Douglasdale woon, ’n groter kans staan om teikens te word of selfs doodgemaak te word tydens huisrooftogte”. In die rooftogte is daar ook meestal vuurwapens betrokke.

“Omdat misdaad gereeld in meer welgestelde gebiede voorkom, is die kanse baie groter dat iemand bekends ’n teiken is of selfs doodgemaak kan word.

“Sulke voorvalle verskyn op die voorblaaie en in die hoofopskrifte van die media en weerklink oor die wêreld heen. Dié fokus en die selektiewe beriggewing oor misdaadstatistieke, skep ’n internasionale beeld van Suid-Afrika as ’n baie gewelddadige gemeenskap,” lui die verslag.

Die verslag lui dat hoewel huisrooftogte en motorkapings meestal in gegoede woonbuurte plaasvind, kom uiterste geweld wat in ernstige beserings of selfs die dood ontaard, in baie min voorvalle voor. Rowers wil tydens huisrooftogte meestal spesifieke goed hê en hulle sal geweld gebruik om hul doel te bereik.

“Slagoffers mag ook dalk só optree dat hulle geweld ontlok.”

In Gauteng alleen is altesaam 7 134 huisrooftogte aangemeld. Dit beteken dat 20 huisgesinne per dag in dié provinsie slagoffers was. Gauteng word gevolg deur KwaZulu-Natal, met 3 480 voorvalle van huisroof, en Mpumalanga met 862.

Volgens die polisie het huisrooftogte landwyd met 13,5% gestyg en motorkapings met 4,4%.

Ander “kontakmisdade” wat wel gedaal het, sluit in ander rooftogte, verkragtings, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, aanranding, moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en onsedelike aanranding. Verkragting het met 18,9% gedaal en moord met 14,7%.

Die polisie sê ’n algehele daling van 6,4% in die bogenoemde kontakmisdade is gedurende 2007-’08 bereik.

“Dit beteken sedert die stel in 2004-’05 van die teiken van ’n daling van 7% – 10% in kontakmisdade, is ’n gemiddelde jaarlikse daling van 7% in algemene voorvalle van dié misdade bereik,” lui die verslag.

Die DA se me. Dianne Kohler-Barnard, LP en woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, het gesê die afname in sekere syfers kan toegeskryf word aan mense se nalating om misdade aan te meld. Verder is dit ’n groot leemte dat misdaadsyfers nie met vervolgingsyfers verreken word nie, omdat dit ’n beter aanduiding van die sukses van misdaadbestryding sal gee.

“Ondanks herhaalde versoeke om geïntegreerde misdaadsyfers het ons nog geen aanduiding van hoeveel aangemelde misdade het tot inhegtenisnemings, hofverskynings en veroordelings gelei nie. Al wat die statistieke ons vertel, is hoeveel mense misdade aangemeld het,” het Kohler Barnard gesê.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer