Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Toergids sterf ’n week voor sy eerste toer
Jun 30 2008 10:37:47:620PM  - (SA)  
André Botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KURUMAN. – ’n Week voordat mnr. Tebogo Lungile sy eerste groot toergroep sou rondneem, is hy dood in ’n ongeluk in die voertuig wat hy en sy vennote ontvang het om ’n toeronderneming te bedryf.

Lungile was een van die werkers wat gehelp het met die verbeteringsprojek verlede jaar by die Moffat-sendingstasie op die dorp.

Hy en drie ander is daarna met die Tswalu-wildreservaat se hulp as toergidse opgelei en het ook ’n voertuig van die reservaat gekry.

Me. Angie Fotheringham, wat die projekbestuurder by Moffat was, sê Lungile was Vrydagmiddag van Mothibistad af op pad na die Kathu-ingang van die Billy Duvenhage-wildreservaat buite Kuruman om haar daar te ontmoet.

Hy het aangebied om dié ingang vir die munisipaliteit op te pas, in die hoop dat hy dié ingang kon gebruik om sy toere deur die reservaat te begin.

Fotheringham sê dit is nie duidelik hoe die ongeluk op die pad tussen Mothibistad en Kuruman gebeur het nie. Dit word deur die polisie ondersoek. Lungile het ernstige kopbeserings opgedoen en hy is Saterdag omstreeks 05:45 in die Kimberley-hospitaal dood.

Fotheringham sê hy sou op 8 Julie sy eerste groot toergroep hê. Dié groep sou bestaan uit 80 amptenare van die departement van maatskaplike dienste, wat hul jaarlikse beplanningsberaad sou hou. Hy en Fotheringham sou die groep verskeie projekte in die streek gaan wys. Hy sou ’n week later ’n kursus van die Natuurkollege in Pretoria bywoon en daarna vir drie maande Tswalu toe gaan vir indiensopleiding.

“Tebogo se groot respek vir sy medemens, gekombineer met daardie wonderlike geesdrif, aansteeklike glimlag en gewilligheid om tevrede te stel, het van hom ’n gewilde projekdeelnemer en ’n ambassadeur vir ons distrik gemaak. Hy het ’n blink toekoms voor hom gehad waarin talle mense belê het,” sê Fotheringham.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer