Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-23°CVoorspellings |
|
Eiendomsagent skuldig aan hereregtebedrog
KIMBERLEY. – Mnr. Kobus van der Walt (44), eienaar van die Aïda-eiendomsagentskap in die stad, is gister in die streekhof weens hereregtebedrog van R56 000 tot R10 000 beboet, of tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis. Streeklanddros Vernon Smith het Van der Walt tot ’n verdere een jaar tronkstraf gevonnis wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is. Smith het Van der Walt op die hoofaanklag skuldig bevind. Hiervolgens het Van der Walt in 2005 aan werknemers van Van de Wall en Vennote-prokureurs én werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) voorgegee die inligting op die residensiële koopaanbod tussen mnre. A.G.L. Roux en O.J.M. Calitz is korrek, omdat die eiendom of erf in Rianastraat 3, Eltoropark, vir die koopprys van R100 000 verkoop word, aangesien die erf verkoop word met ’n boukontrak om ’n huis op te rig en omdat die betaling van hereregte beperk word. Die staat het gesê bedrog is gepleeg, want die eiendom is in werklikheid vir R925 000 verkoop, dat ’n erf met ’n reeds voltooide woonhuis verkoop is en dat hereregte van R56 900 betaalbaar is. Die streeklanddros het by vonnisoplegging gesê een van die moeilikste take van ’n hof is om iemand te straf wat ’n diens aan die gemeenskap lewer en vir mense werk verskaf. Van der Walt het ’n goeie indruk in die getuiebank gewek. “U is nie inherent ’n skelm mens nie. “Ek besef die impak wat die skuldigbevinding op u en u gesin se lewe het.” Smit het gesê deur ’n onbesonne daad kan Van der Walt sy vertrouensertifikaat as eiendomsagent verbeur, maar hy moes daaraan gedink het voordat die misdryf gepleeg is. Die misdryf is met “absolute” fyn beplanning gepleeg. Die streeklanddros het in sy uitspraak gesê die “hele transaksie was lomp en onbeholpe. Dit is gedoen om hereregte te ontduik”. “Ek meen dit is onvermydelik dat Van der Walt geweet het sy optrede is verkeerd en dat hy dit valslik voorgegee het.” Van der Walt het vroeër onder meer getuig hy het nooit besef hy het verkeerd opgetree nie. “Dit is verder duidelik dat Van der Walt ’n wanvoorstelling tot moontlike nadeel (van die SAID) gemaak het.” Van der Walt het die ontbrekende hereregtegeld intussen aan die SAID betaal. Smith het ’n aansoek van adv. James Gilliland van Bloemfontein om verlof om teen die skuldigbevinding te appelleer, toegestaan. Van der Walt moet die boete voor of op 1 Augustus betaal. Mnr. Benjamin September het aangekla.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|