Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-23°CVoorspellings |
|
SA hoop om VN-resolusie te ontmoedig
PRETORIA. – Die Suid-Afrikaanse regering hoop om ’n voorgenome resolusie in die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad deur Amerika teen Zimbabwe te ontmoedig omdat die Afrika-Unie (AU) reeds met s? resolusie oplossings vir die krisis in Zimbabwe bied. “Ons hoop ons kan diegene ten gunste van die VN-resolusie – veral as dit ’n hoofstuk 7-resolusie is – oortuig om hul voornemens te heroorweeg. “Hulle kan dit altyd later oorweeg as die AU onsuksesvol was met sy pogings,” het mnr. Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, gister gesê. Pahad het op ’n nuuskonferensie in Pretoria gesê die AU het ná sy beraad in Egipte die afgelope week dit duidelik uitgestippel dat hy “diep bekommerd” is oor die voortslepende situasie in Zimbabwe. Dieselfde resolusie stippel ook uit dat dit tot elke prys voorkom moet word dat die situasie verder versleg. Dit veroordeel ook die geweld in die land, wat met lewensverliese gepaardgaan. Die resolusie ondersteun die idee van ’n regering van nasionale eenheid, wat volgens Pahad “minstens in ’n stadium” die goedkeuring van pres. Robert Mugabe én mnr. Morgan Tsvangirai van die MDC weggedra het. Pahad het gesê dit is ’n akademiese argument of Mugabe se legitimiteit as president deur Suid-Afrika erken word. “Kom ons kyk na die toekoms sodat ’n oplossing so vinnig moontlik gevind kan word. Zimbabwe, die streek en die vasteland is daarop geregtig. Dit is ’n gegewe dat Mugabe as president ingehuldig is. Dit gaan nie help om nou verder daaroor te tob nie.” Amerika het aangedui dat hy Dinsdag in die VN-Veiligheidsraad ’n stemming oor sanksies en ander stappe teen Zimbabwe kan opdwing. Brittanje en Frankryk steun Amerika, terwyl Suid-Afrika dit waarskynlik saam met Rusland en China kan teenstaan. ’n Hoofstuk 7-resolusie bepaal onder meer dat die VN drastiese stappe kan doen om op te tree teen ’n land wat internasionale vrede en veiligheid bedreig. Sou ’n meerderheidstem die resolusie steun, sal die res van die VN-lande noodgedwonge daarby moet inval of self die gevaar staan om deur die raad gestraf te word. Die Veiligheidsraad sal op die voorlopige tugstappe besluit. Sou dit geen positiewe uitwerking hê nie, kan meer drastiese maatreëls, insluitend die ontplooiing van ’n VN-mag, geneem word. Volgens Pahad is die twee Zimbabwiese leiers “besig om waardevolle tyd te mors” pleks daarvan om eerder hul samewerking aan die mediasiespan te gee. Hy het ook gesê samesprekings sal nie noodwendig in die openbare oog plaasvind nie. Hy is ook onseker of ’n bepaalde program vir samesprekings al bepaal is. Volgens hom sál die kwessie van geweld teen opposisie-ondersteuners in die bemiddeling ter sprake kom. “Daar is nie nou meer rede vir geweld nie. Die verkiesing is verby. Dit is tog vanselfsprekend dat geen onderhandelings sal slaag terwyl die geweld voortduur nie.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|