Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 7-29°CVoorspellings |
|
Bok-breier erken senuwees knaag
WELLINGTON. – Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het gister erken die senuwees knaag voor Saterdag se rugbytoets teen die All Blacks hier in die Westpac-stadion. “Ek is baie op my senuwees om een rede, en dis omdat ons teen Nieu-Seeland ín Nieu-Seeland speel. Ek weet hulle is passievol en probeer kopspeletjies speel deur te sê hulle is nie die gunstelinge nie,” het De Villiers op die vooraand van sy grootste toets as afrigter gesê. “Die een ding waaroor hulle reg is, is dat ons wêreldkampioene is, maar ek dink nie enige span sal ooit Nieu-Seeland toe kom as die gunsteling nie. En dit maak my senuweeagtig. Ons weet nie werklik wat om te verwag nie.” Een kykie na Suid-Afrika se rekord in Nieu-Seeland is genoeg om enige Bok-ondersteuner se senuwees op hol te jaag. Die Bokke het sedert hul terugkeer tot interna-sionale rugby nog net een keer in Nieu-Seeland gewen. Dit was in 1998 in Wellington toe Nick Mallett se span die All Blacks met 13-3 op Athletic Park geklop het. Die veteraan-agterspeler Percy Montgomery is die enigste oorblywende lid van daardie span en is vandag op Suid-Afrika se plaasvervangerbank. Suid-Afrika sal hom en die jongeling Frans Steyn waarskynlik in die tweede helfte van vandag se wedstryd as troefkaarte gebruik. “Percy se ervaring beteken baie,” het die Bokke se een hulpafrigter, Dick Muir, gister gesê. “In toestande soos wat ons verwag, sal die agterste driehoek (heelagter en vleuels) onder baie druk geplaas word. Daar sal baie geskop word. Percy se ervaring sal beslis benodig word.” Conrad Jantjes sal voor Montgomery op heelagter begin en het die Bokke se ambisie baie goed saamgevat. “Daar is spelers hier wat al die Curriebeker, ’n Super 14, ’n Drienasies en die Wêreldbeker-toernooi gewen het, maar hulle het nog nooit die All Blacks in Nieu-Seeland geklop nie. Dis nog ’n trofee wat jy in jou loopbaan wil wen,” het Jantjes gesê. “Ek wil eendag vir my kleinkinders vertel ek het die All Blacks in Nieu-Seeland geklop. Dit sal geweldig baie beteken.” Dis onwaarskynlik dat die Bokke en All Blacks vandag aanskoulike rugby sal speel, want die weervoorspelling was vir reën en ’n sterk suidewind. Suid-Afrika se eerste plek op die Internasionale Rugbyraad se wêreldranglys is vandag ook op die spel, met die Kiwi’s wat dit sal oorneem as hulle daarin slaag om te wen. “Nieu-Seeland sal vir ons wil wys ons het nie teen hulle in die Wêreldbeker-toernooi gespeel nie en dat ons hulle moet klop voordat ons ware wêreldkampioene is,” het De Villiers gesê. “Dit sal vir hulle baie motivering gee. Dit gaan moeilik wees.” Nieu-Seeland het gister ’n hupstoot gekry met die nuus dat die ervare slot Ali Williams fiks verklaar is vir vandag se wedstryd. Die Kiwi’s is egter steeds sonder hul kaptein, Richie McCaw, en wat ervaring betref, het die Bokke beslis ’n voordeel, met senior spelers soos John Smit (haker en kaptein), Victor Matfield (slot), Schalk Burger en Juan Smith (flanke) en Jean de Villiers (senter). Menige kenners is van mening dat Suid-Afrika sy beste kans in jare het om die All Blacks in hul agterplaas te klop. Suid-Afrika het gisteraand ’n voorsmakie gekry van wat vandag verwag kan word toe dit hard by hul kapteinsoefening begin reën het. Die Bokke het egter die gietende reën en yskoue toestande in hul oefening trotseer en is reg om dit wéér vandag te doen.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|