Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-27°CVoorspellings |
|
Fontein verhoog suurstofvlak
Vir dié wat gewonder het oor die nuwe fontein wat uit die Loch Logan-meer by die gelyknamige winkelsentrum in Bloemfontein spuit – dit is nie net vir versiering nie. Inteendeel, dié drywende fontein is teen R220 000 deur die Mangaungse plaaslike munisipaliteit gekoop om die suurstoftekort in dié water te bestry. Mnr. Sarel van der Merwe, hoof van natuurbewaringsdienste by dié munisipaliteit, sê die meer het ’n drievoudige probleem, waarvan suurstoftekort een aspek is. “Verder het die groenblou-alge wat hier groei ’n onaantreklike kleur en soms slegte reuk van die water tot gevolg. Hoë konsentrasies fosfate in die water is ook ’n bedreiging vir die ekologie en kan ook ’n gesondheidsrisiko wees.” Die eerste stap, om die suurstofvlakke te verbeter, is ’n projek wat reeds in 2003 as nodig geag is, met die geïntegreerde ontwikkelingsplan (IDP) se ondersoeke. Volgens Van der Merwe is daar direk onder die drywende fontein ’n stelsel wat die water opsuig, lugleemtes skep en daardeur suurstof vrystel. Die water met die hoër suurstofinhoud is dié wat uit die fontein spuit. “Mens kan mos nie ’n ding los dat hy net vrot en stink nie.” Van der Merwe sê hy het op die internet op die fontein-konsep afgekom en gereël dat vir die aankoop daarvan begroot word. Hy sê die munisipaliteit het planne om die alge- en fosfaatprobleme te bestry, maar vir nou is nog nie praktiese stappe gereed nie. Verder laat die begrotings dit nie toe nie. Die impak wat oormatige chemikalieë-gebruik op die ekologie en omgewing het, is ook een van die redes waarom die munisipaliteit na ander oplossings soek. Me. Gertrude Mothupi, burgemeester van Bloemfontein, het gister die skakelaar seremonieel aangeskakel en die fontein laat spuit. Sy het gesê die stadsraad is al lank bekommerd oor die gehalte van dié meer se water. “Ons is trots daarop dat hierdie nie ’n private onderneming se projek is nie. Dit is die munisipaliteit se projek wat met belastinggeld ondersteun word.” Sy het gesê die projek behoort ook as ’n gebaar aan die gemeenskap te dien dat die stadsraad wel besorg is oor watergehalte en ander probleme. “As jy nie na die omgewing omsien nie, gaan die omgewing nie meer na jou omsien nie.” Sy het ook gesê die munisipaliteit probeer met private ondernemings saamwerk om probleme soos dié teen te werk. Die Loch Logan-waterfront betaal vir die krag wat die fontein benodig. Me. Caren van Vuuren, woordvoerder van dié winkelsentrum, sê hulle beplan om op eie koste nog soortgelyke fonteine te installeer.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|