Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee Suid-Afrikaanse premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word. Sy broer, Frans Cronjé, rolprentvervaardiger van Global Creative Studios (GCS), sê afgesien van ’n moontlike voorafvertoning vir die media, sal die eerste vertoning van die rolprent in die Rosestad wees. Dit word vir om en by 15 September beplan. “Nog ’n vertoning daarvan sal op 18 September by Monte Casino in Johannesburg plaasvind, waarna die rolprent op 24 September in die land uitgereik sal word.” ’n Beknopte voorskou van die rolprent kan reeds op M-Net en in sekere rolprent-teaters gesien word. Die akteur Frank Rautenbach, wat ook die hoofkarakter in Cronjé se rolprent, Faith like Potatoes vertolk het, laat op van die snitte van die voorskou met sy uiters lewensgetroue vertolking van sy karakter die gemoed volskiet by van diegene wat dit reeds gesien het. Veral ’n snit van ’n aangedane en snikkende Hansie tydens sy kruisondervraging voor die King-kommissie na krieket-knoeiery destyds by Kaapstad se Sentrum van die Boek, was aangrypend realisties. Cronjé het verklap die eerste opname van dié roerende toneel was die enigste en dat dit nie oorgeskiet moes word nie. “Hy (Rautenbach) huil rêrig. Dit is nie fake trane nie. Met emosionele tonele soos dit is die eerste take gewoonlik die beste een en ons het in die betrokke geval ook slegs een skoot daarvan opgeneem.” Van trane gepraat. Cronjé sê dit was ook moeilik om die akteur Eric Nobbs, wat die rol van Hansie se pa Ewie Cronje vertolk, se trane by een van die tonele te bedwing. ’n Gebroke Hansie is destyds, nadat hy oor ’n stortvloed van vrae getuig het, by ’n sydeur teen trappe afgehelp deur sy broer, Frans, en ’n veiligheidswag. “Hy (Hansie) was baie hartseer in die aangrensende kamertjie waar ek en my pa ook saam met hom was. “Eric (Nobbs) het met die toneel so gehuil dat sy brilglase skoon toegewasem het.” Cronjé sê daar is nog nie ’n lys van genooides vir die vertoning in Bloemfontein saamgestel nie. “My ouers, mnr. Johan Volsteedt, en voormalige spanmaats van Hansie soos Alan Donald, Boeta Dippenaar en Nicky Bojé (afhangende van waar hulle daardie tyd is) sal waarskynlik saam met van die media op die lys wees.” Premières in Engeland, Australië en veral Indië is nie uitgesluit nie. “Ons is in die proses om internasionale verspreiding te reël. Lande soos Australië, Engeland en Amerika is baie geïnteresseerd, maar ons dink dat die rolprent veral in Indië goed gaan vaar. “Die ‘mafiabaas’ in die fliek word ook vertolk deur ’n baie bekende Indiese akteur, Rajit Kapur, wat baie sterk spel gelewer het.” Cronjé sê die rolprent is heel anders en glad nie op die boek Hansie, sy lewensverhaal, geskoei nie. Cronjé sê geldelike probleme wat hulle vroeër ondervind het, kan teen 22 Julie uitgestryk wees. “Dit was ’n lang pad vir ons nadat ’n verkoopsooreenkoms met ’n Amerikaanse onderneming deur die mat geval het. Ons het baie werk gedoen om al die betrokke partye so tevrede moontlik te hou en ek is vol moed dat die nodige prosesse nou in plek is.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|