Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-27°CVoorspellings |
|
Kom speel saam op Noot vir Noot
Noot vir Noot hou Vrydagaand 11 Julie groot konsert op die Volksblad-kunstefees. Kom oefen jou lagspiere en toets jou musiekkennis saam met die gewilde Noot vir Noot-span. Die merkwaardige sukses en gewildheid van Noot vir Noot was duidelik merkbaar kort ná die uitsending van die 400ste verjaardagprogram verlede jaar op 7 Desember. Om meer mense ’n kans te gun om aan die pret deel te neem en die span persoonlik te ontmoet, toer die konsertweergawe van Noot vir Noot en stop ook Vrydag hier op die Volksblad-kunstefees. Johan Stemmet sal dit weer aanbied, terwyl Johan van Rensburg en sy seun, Riaan, wat deesdae opgang as sanger maak, ook op die verhoog sal wees om musiek te maak en die leidrade vir die vrae te speel. ’n Bekende kunstenaar sal die gehoor met ’n tipiese Noot vir Noot-keurspel vermaak. Die werklike “sterre” van die aand is egter die gehoor, want vir elk van die verskillende Noot vir Noot-speletjies word nuwe deelnemers op lukrake en pret maniere uit die gehoor gekies om op die verhoog deel te neem. Met Absa wat die prysgeld gee, is daar gewoonlik vir elke deelnemer ’n welkome kontantprys, afhangende van hoe goed hulle hul musiek ken. Die Noot vir Noot-konsert is ’n aand van groot pret. Daar word baie gelag, gesing en musiek gemaak. Dis seker die enigste vertoning in Suid-Afrika waar so baie konsertgangers huis toe kan gaan met welkome ekstra prysgeld in die sak. Die multi-media-vertoning waarborg net soos die TV-program vermaak vir oud, maar ook vir jonk. Die Noot vir Noot-konsert word deur SABC2 en Absa aangebied. Koop vandag ’n kaartjie en word deel van die opwinding.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|