Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


‘Tweeling’ word gereeld verwar
Jul 05 2008 12:55:53:353AM  - (SA)  
andré botha



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KURUMAN. – Enigeen met bedenkinge oor die teorie dat elke mens iewers ’n dubbelganger het, hoef maar net Kuruman se “tweeling” te ontmoet.

Johan van Heerden en Johan Kotze is al gewoond daaraan om vir mekaar aangesien te word.

En toe hulle ’n paar maande gelede mekaar die eerste keer raakloop (op Kuruman se skou), het hulle mekaar dadelik “herken”.

Kotze sê nadat ’n artikel oor Van Heerden in Volksblad en Kuruman Bulletin, dogterkoerant van Volksblad, verskyn het waarin onder meer vertel is van die kitaarlesse wat Van Heerden aanbied, is hy deur mense voorgekeer wat wou navraag doen oor die lesse.

“Ek het gesê ek kan nie eens kitaar spel nie, wat nog te sê van speel.” Hy hou van musiek, maar speel geen instrumente nie.

En Van Heerden is al gevra of hy by Absa werk (waar Kotze is). Maar dit sal ’n ramp wees as hy mense raad oor hul geldsake moet gee, lag hy.

Kotze is ook al deur ’n ma in ’n winkel voorgekeer en plegtig om verskoning gevra dat haar kind nie vir haar musiekles opgedaag het nie.

Dat dit nie net in voorkoms is wat die twee veral met die eerste oogopslag sterk ooreenkom nie, word gou duidelik wanneer ’n mens met hulle gesels – dieselfde humorsin, dieselfde opgewekte en uitgaande persoonlikheid, dieselfde breë glimlag en dieselfde vrolike lag. “Hy dink soos ek,” sê Van Heerden.

’n Versoek dat hulle vir die foto eenders moes aantrek, was nie ’n probleem nie – hulle het opgedaag met identiese hemde en oortrektruie wat hulle buitendien in hul klerekaste het. En nee, hulle doen nie saam inkopies nie.

Albei ry met wit motors, speel graag tennis, hou van rugby en kyk graag na oorlogsflieks. Albei is 21 jaar oud en albei verjaar op die tweede van die maand (Van Heerden in Desember en Kotze in Februarie).

Dit pla hulle nie dat hulle vir mekaar aangesien word nie en dit was nog nooit ’n verleentheid nie. Hulle lag maar net daaroor elke keer wat dit gebeur.

Kotze het tien jaar gelede saam met sy ouers Kuruman toe verhuis, terwyl Van Heerden nou ’n jaar hier is.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer