Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Volksblad-lesers kan nou hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Lee-Ann behaal driekuns
“Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-24°C

Voorspellings

Man weer in hegtenis ná moord
Jul 05 2008 12:55:52:773AM  - (SA)  
jana engelbrecht



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – “Ek gaan nie toelaat dat daar ’n bespotting van die hof gemaak word nie!”

Dít was Vrydag die woorde van landdros Frans Vorster in die Kimberley-landdroshof nadat mnr. Bonginkosi Ntombela (25) aangedring het op ’n verduideliking oor hoekom hy weer in hegtenis geneem is.

Ntombela het teruggekap “dit is al klaar ’n bespotting”.

Ntombela is vroeër vanjaar hier in die hooggeregshof vrygelaat nadat hy tereggestaan het op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Ntombela, tesame met mnre. Gobolang Mokgasi (20) en Kutlwane Mngoma (20), is verdink van die moord op mnr. Stelios Mpompolas (59), eienaar van Steers, in Januarie verlede jaar.

Ntombela is gisteroggend om 03:00 in hegtenis geneem by sy huis in Galeshewe deur een van die Noord-Kaap se topspeurders, insp. Fernando Luis. Luis is bygestaan deur lede van die honde-eenheid, Kimberley se blitspatrollie en die eenheid vir georganiseerde misdaad.

“Nuwe bewyse het aan die lig gekom in die ondersoek wat hom by die moord op die eienaar van Steers betrek, ” het supt. Mashay Gamieldien gister in ’n verklaring gesê.

Ntombela het die hof gevra hoekom hy weer in hegtenis geneem is, aangesien hy al klaar “baie tyd in die tronk gemors het” vir dié saak.

“Ek is in hegtenis geneem vir ’n saak waarvoor daar nie vroeër genoeg bewyse was nie.

“Watter inligting het die polisie om aan u te wys wat my in die tronk kan hou?”

Vorster het Ntombela skerp aangespreek en gesê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Hy het gesê Ntombela het die reg om aansoek te doen om borgtog.

Ntombela het Vorster gevra om hom vry te laat uit die tronk, omdat hy voorheen soveel tyd in die tronk “gemors” het.

Mngoma is vroeër skuldig bevind aan moord met die opset van moontlikheidsbewustheid en op 28 Junie tot 12 jaar gevangenisstraf in die hooggeregshof gevonnis.

Die regter het Mngoma ’n verdere tien jaar tronkstraf opgelê op ’n aanklag van moord met verswarende omstandighede.

Mokgasi is kort ná Ntombela vrygespreek.

Volgens Mngoma se getuienis het hy op 31 Januarie verlede jaar saam met Mokgosi en Ntombela na die Steers-restaurant gegaan waar hulle hamburgers geëet en televisie gekyk het. Ntombela het voorheen by Steers gewerk.

Ná sy afdanking het hy ’n wrok teen Mpompolas gekoester.

Ntombela het geweet hoe Steers se “binnewerke” bedryf word.

Nadat die werkers die perseel laataand verlaat het, het die drie mans uit hul skuilplek in die toilet gekom.

Mpompolas is wreedaardig aangerand en is later dood.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer